Page 583 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Op die O ly ƒ berg
579
julle ook wanneer julle al hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die
deur.” Matt. 24: 32, 33.
Christus het die tekens van Sy koms gegee. Hy het dit gesê dat
ons kan weet wanneer Hy naby is, voor die deur. Hy sê van diegene
wat hierdie tekens sien, “Hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan
totdat al hierdie dinge gebeur het nie.” Hierdie tekens het gekom.
Nou weet ons sekerlik dat die Here se koms op hande is. “Die hemel
en die aarde sal verbygaan,” het Hy gesê, “maar My woorde sal nooit
verbygaan nie.”
Christus sal op die wolke kom met grote heerlikheid. ’n Menigte
van skitterende engele sal Hom begelei. Hy sal kom om die dode op
te wck, en die lewende heiliges te verheerlik. Hy sal kom om diegene
te eer wat Hom liefgehad en Sy gebooie onderhou het, en hulle neem
om by Hom te wees. Hy het hulle en die belofte wat Hy gegee het,
nie vergeet nie. Die familiekring sal weer herstel word. Wanneer ons
ons dode aanskou, moet ons dink aan die opstandingsmore wanneer
die basuin van God sal weerklink, en die “dode sal onverganklik
opgewek word; en ons sal verander word.” 1 Kor. 15: 52. Ons moet
nog net so n klein rukkie wag en dan sal ons die Koning in Sy
heerlikheid sien. Nog net ’n klein rukkie om te wag en dan sal Hy
alle trane van ons oë afvee. Oor nog net ’n klein rukkie sal Hy
ons “sonder gebrek voor Sy heerlikheid stel met gejuig.” Judas 24.
Daarom het Hy gesê, toe Hy die tekens van Sy koms gegee het, “As
hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op,
omdat julle verlossing naby is.”
Maar die dag en die uur van Sy wederkoms het Christus nie
geopenbaar nie. Hy het duidelik aan Sy dissipels gesê dat Hy self
nie die dag en die uur van Sy tweede koms kon openbaar nie. As
Hy vry was om die dag te openbaar, waarom was dit dan nodig vir
Hom om hulle te vermaan om gedurig te waak? Daar is diegene wat
voorgee dat hulle die juiste dag en uur van ons Heiland se verskyning
weet. Hulle is baie ywerig om die toekoms te skets. Maar die Here
het hulle gewaarsku om afstand te doen van daardie stelling. Die
[648]
juiste tyd van die tweede koms van die Seun van die mens, is Gods
geheim.
Christus het voortgegaan en gewys op die toestande wat in die
wêreld sou heers ten tyde van Sy wederkoms: “En net soos die dae
van Noag was, so sal ook wees die koms van die Seun van die mens.