Page 582 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

578
DIE KONING VAN DIE EEUE
sê: Kyk, Hy is in die woestyn — moet nie uitgaan nie. Kyk, Hy
is in die binnekamer - moet dit nie glo nie. Want soos die weerlig
uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook wees die
koms van die Seun van die mens.” As een van die tekens van die
verwoesting van Jerusalem, het Christus gesê, “En baie valse profete
sal opstaan en baie mense mislei.” Daar het valse profete opgestaan
wat die mense mislei en n menigte in die woestyn gelei het. Goëlaars
en towenaars wat aan spraak gemaak het op bonatuurlike mag, het
mense agter hulle aange- trek in die berge. Maar hierdie profesie is
ook gegee vir die laaste dae. Hierdie teken is gegee as ’n teken van
die wederkoms. Selfs vandag is daar valse christusse en valse profete
wat tekens en wonders doen om Sy dissipels te verlei. Hoor ons nie
die roepstem: “Kyk, Hy is in die woestyn” nie? Het duisende nie
na die woestyn gegaan in die hoop om Christus te vind nie? En het
ons nie die roepstem gehoor uit duisende vergaderings waar mense
voorgee dat hulle gemeenskap met die geeste van afgestorwenes
het nie: “Kyk, Hy is in die binne-kamer”? Dit is juis wat Spiritiste
vandag sê. Maar wat sê Christus?
Moet dit nie glo nie. Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan
en tot in die weste skyn, so sal ook wees die koms van die Seun van
die mens.”
Die Heiland gee die tekens van Sy koms, en nog meer, stel die
datum vas wanneer die eerste van hierdie tekens gesien sal word:
En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son duister
word , en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die
hemel val, en die kragte van die hemele geskud word. En dan sal die
teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal
al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens
sien kom op die wolke van die hemel met grote krag en heerlikheid.
En Hy sal Sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal
Sy uitverkorenes bymekaarmaak uit die vier windstreke, van die een
end van die hemele af tot by die ander end daarvan.”
[647]
Aan die einde van die groot pouslike vervolging, het Christus
gesê, sou die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee
nie. Daarna sou die sterre van die hemel val. Verder het Hy gesê:
En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag
word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet