Page 581 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Op die O ly ƒ berg
577
berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die
buitewyke is, moet nie daar inkom nie. Want dit sal dae van wraak
wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word.” Hierdie waar-
skuwing is gegee om veertig jaar later gehoorsaam te word, tydens
die verwoesting van Jerusalem. Die Christene het die waarskuwing
gehoorsaam, en nie een Christen het omgekom toe die stad verwoes
is nie.
En bid dat julle vlug nie in die winter of op die Sabbat mag
plaasvind nie,” het Christus gesê. Hy wat die Sabbat gemaak het, het
dit nie afgeskaf deur dit aan Sy kruis te nael nie. Die Sabbat het nie
verval by Sy dood nie. Veertig jaar ná Sy kruisiging sou dit nog as
heilig beskou word. Vir veertig jaar moes die dissipels bid dat hulle
vlug nie op die Sabbat mag plaasvind nie.
Van die verwoesting van Jerusalem het Christus vinnig oorge-
gaan na die groot gebeurtenis, die laaste skakel in die ketting van
hierdie aarde se geskiedenis — die koms van die Seun van God
in majesteit en heerlikheid. Tussen daardie twee gebeurtenisse het
Christus die lang eeue van duisternis gesien, eeue waarin Sy kerk
bloed en trane en lyding sou ondervind. Sy dissipels sou dit nie toe
kon verduur het om op hierdie tonele te kyk nie, en Jesus het hulle
verbygegaan deur slegs kortliks na hulle te verwys. “Dan sal daar
groot verdrukking wees,” het Hy gesê, “soos daar van die begin van
die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie;
maar terwille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.”
Vir meer as duisend jaar sou die navolgers van Christus vervolging
verduur soos die wêreld voorheen nooit geken het nie. Sy getroue
getuies sou by die miljoene gedood word. As Gods hand nie Sy volk
onder be- skerming geneem het nie, sou nie een behoue gebly het
nie. “Maar terwille van die uitverkorenes,” het Hy gesê, “sal daardie
dae verkort word.”
[646]
Toe het die Here in ondubbelsinnige taal van Sy tweede koms
gespreek, en Hy het gewaarsku van gevare wat Sy koms na hierdie
wêreld sou voorafgaan. “As iemand dan vir julle sê: Kyk, hier is
die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie. Want daar sal valse
christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en
wonders doen om,-as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te
mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. As hulle dan vir julle