Page 580 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

576
DIE KONING VAN DIE EEUE
vertrou. Hulle het hulle nie bekeer sodat Ek hulle kon genees nie.
Die gebeurtenisse wat hulle voorhou as tekens van hulle verlossing
uit slawerny is die tekens van hulle vernietiging.
Dan sal hulle julle aan verdrukking oorgee en doodmaak; en
julle sal deur al die nasies gehaat word terwille van My Naam. En
dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar
haat.” Dit alles het die Christene gely. Vaders en moeders het hulle
kinders verraai. Kinders het hulle ouers verraai. Vriende het mekaar
oor- gelewer aan die Sanhedrin. Die vervolgers het hulle doel bereik
deur Stefanus en Jakobus en ander Christene om die lewe te bring.
Deur Sy dienaars het God aan die Joodse volk ’n laaste kans
gegee om hulle te bekeer. Hy het Homself geopenbaar deur Sy
getuies in hulle gevangeneming, hulle verhoor, en hulle tronkstraf.
Maar tog het hulle regters die doodvonnis oor hulle uitgespreek.
Hulle was manne wat die wêreld nie werd was nie, en deur hulle te
dood, het die Jode die Seun van God weer gekruisig. So sal dit weer
gaan. Die owerhede sal wette maak wat geloofsvryheid aan bande
lê. Hulle sal gesag aanneem wat alleen aan God behoort. Hulle sal
dink dat hulle die gewete kan dwing, iets wat God alleen behoort te
kontroleer. Hulle het reeds daarmee begin, en hierdie werk sal hulle
voortsit totdat hulle perke bereik wat hulle nie mag oorskrei nie. God
sal tussenbei tree ten behoewe van Sy lojale, gebooie-bewarende
kinders.
In elke geval wanneer daar vervolging is, neem diegene wat dit
aanskou besluite, óf teen, óf vir Christus. Diegene wat medelyde
betoon met die wat ten onregte veroordeel word, toon daardeur hulle
liefde vir Christus. Ander neem aanstoot omdat die beginsels van
die waarheid hulle handelwyse veroordeel. Baie struikel en val en
word afvallig van die waarheid wat hulle eenmaal verkondig het.
Diegene wat afvallig word in tye van beproewing, sal, om hulle eie
veiligheid te verseker, vals getuig en hulle broeders verraai. Christus
het ons hieromtrent gewaarsku, sodat ons nie verbaas moet wees
oor die onnatuurlike en wrede handelwyse van diegene wat die lig
[645]
verwerp nie.
Christus het aan Sy dissipels ’n teken gegee van die verwoesting
wat oor Jerusalem sou kom, en Hy het hulle vertel hoe om te ontvlug:
En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingel sien, dan moet julle
weet dat sy verwoesting naby is. Dan moet die wat in Judea is, na die