Op die O ly ƒ berg
575
As Hy aan Sy dissipels die toekomstige gebeurtenisse sou beskryf
het soos Hy hulle gesien het, sou hulle dit nie kon verduur nie. In
genade het Hy van die twee groot krisisse tegelyk gepraat, en dit
aan die dissipels oorgelaat om die saak vir hulleself verder uit te
redeneer. Toe Hy gepraat het van die verwoesting van Jerusalem, het
Sy profetiese woorde verder gestrek tot daardie laaste dag van vuur
en vlam wanneer die Here uit Sy plek uitgaan om die ongeregtigheid
van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek en die aarde die
bloed sal openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op
hom dood- gemaak is, nie langer sal toedek nie. Hierdie hele gesprek
het plaas- gevind, nie alleen vir die dissipels nie, maar vir diegene
wat sou lewe in die laaste tonele van die aarde se geskiedenis.
Christus het Hom tot Sy dissipels gewend en gesê, “Pas op dat
niemand julle mislei nie. Want baie sal onder My Naam kom en sê:
Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.” Baie valse mes-
siasse sal kom, voorgee dat hulle wonderwerke kan doen, en verklaar
dat die tyd vir die verlossing van die Joodse volk aangebreek het.
Dit sou baie mislei. Christus se woorde is vervul. Ná Sy dood tot by
die beleëring van Jerusalem, het daar baie valse messiasse verskyn.
Maar hierdie waarskuwing is ook gegee aan diegene wat in hierdie
eeue van die wêreld se geskiedenis lewe. Dieselfde soort bedrog wat
daar ge- pleeg is vóór die verwoesting van Jerusalem, is deur die
eeue gepleeg, en dit sal weer gepleeg word.
[643]
“
En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op,
moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog
nie die einde nie.” Vóór die verwoesting van Jerusalem, het mense
gestreef om die opperheerskappy. Keisers is vermoor. Vermeende
troonopvolgers is om die lewe gebring. Daar was oorloë en gerugte
van oorloë. “Alles moet plaasvind,” het Christus gesê, “maar dit is
nog nie die einde van die Joodse volk nie. Want die een nasie sal
teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar
sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende
plekke. Maar al hierdie dinge is ’n begin van die smarte.” Christus het
[644]
gesê dat die rabbi’s, wanneer hulle hierdie tekens sien, sal verklaar
dat dit Gods vergelding is van die volke omdat hulle Sy uitverkore
volk so lank in ballingskap gehou het. Hulle sal sê dat hierdie dinge
die tekens is van die koms van die Messias. Moenie bedrieg word
nie; hulle is die begin van Sy oordele. Die volk het op hulleself