Page 578 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Op die O ly ƒ berg
CHRISTUS se woorde aan die priesters en owerstes, “Kyk, julle
huis word vir julle woes gelaat” Matt. 23: 38, het hulle harte met
vrees vervul. Hulle het gemaak of hulle nie omgee nie, maar die
vraag wat daardie woorde tog kon beteken, was gedurig in hulle
gedagte. Dit het geskyn of ’n onsigbare gevaar hulle bedreig het.
Kon dit wees dat die pragtige tempel, die roem van die volk, eerlank
in puin sou lê? Die dissipels het ook die voorgevoel van onheil
gehad, en in spanning het hulle gewag op ’n meer bepaalde ver-
duideliking van Jesus. Toe hulle daar saam met Hom die tempel
verlaat het, het hulle Sy aandag gevestig op die prag en sterkte
daarvan. Die tempel was gebou van spierwit marmerstene, waarvan
sommige byna ongelooflik groot was. ’n Gedeelte van die muur het
bly- staan tydens Nebukadnesar se beleëring. Die klippe is so goed
saam- gevoeg dat dit soos ’n groot, soliede klip uit die steengroef
gelyk het. Hoe daardie massiewe mure omvergewerp kon word, was
iets wat die dissipels nie kon begryp nie.
Wat moes die onuitgesproke gedagtes van die verworpe Een
ge-wees het toe Sy aandag gevestig is op die pragtige tempelgebou!
Wat Hy voor Hom gesien het, was onteenseglik mooi, maar Hy
[642]
het met droefheid gesê, Ek sien dit alles. Die geboue is inderdaad
wonderbaar. Julle wys na daardie mure en dink dat hulle nie vernietig
kan word nie, maar luister na My: “Die dag sal kom wanneer daar
nie een klip op die ander sal gelaat word wat nie heeltemal afgebreek
sal word nie.”
Christus se woorde is gespreek ten aanhore van ’n groot aantal
mense; maar toe Hy alleen was, het Petrus, Johannes, Jakobus, en
Andreas na Hom toe gekom waar Hy daar op die Olyfberg gesit het.
Vertel ons,” het hulle gesê, “wanneer sal hierdie dinge wees, en wat
is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld?” Jesus
het nie Sy dissipels geantwoord deur die verwoesting van Jerusalem
en die groot dag van Sy koms afsonderlik te behandel nie. Hy het
die beskrywing van hierdie twee gebeurtenisse deurmekaar gevleg.
574