Page 577 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

In die Buitenste Voorhof
573
waarskuwing is op hulle van toepassing: “Wie sy lewe liefhet, sal
dit verloor.” “Wie My verwerp en My woorde nie aanneem nie,” het
Jesus gesê, “het een wat hom oordeel; die woord wat Ek gespreek
het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.” Joh. 12: 48.
Wee diegene wat nie die gunstige tyd weet toe God hulle besoek
het nie! Langsaam, en met droefheid het Christus vir ewig die tempel
verlaat.
[641]