572
DIE KONING VAN DIE EEUE
word. En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My
toe trek. En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou
sterwe.” Dit is die krisis van die wêreld. As Ek die versoening word
vir die sondes van die mense, sal die wêeld verlig word. Die Satan se
houvas op die siele van die mense sal verbreek wees. Die geskonde
beeid van God sal herstel word in die mensdom, en ’n gesin van
gelowige heiliges sal eindelik die hemelse tuiste beërf. Dit is die
resultaat van Christus se dood. Die Heiland is verdiep in die toneel
van oorwinning voor Hom. Hy sien die kruis, die wrede, skandelike
kruis, met al sy meegaande verskrikking, skitterende in heerlikheid.
Maar die verlossingswerk vir die mens is nie al wat deur die kruis
teweeggebring word nie. Die liefde van God word aan die heelal
geopenbaar. Die owerste van hierdie wêreld word uitgewerp. Die
beskuldigings wat die Satan teen God ingebring het, is geloënstraf.
Die verwyt wat hy teen die hemel gewerp het, is vir ewig verwyder.
Engele sowel as mense is tot die Verlosser getrek. “En Ek, as Ek van
die aarde verhoog word,” het Hy gesê, “sal almal na My toe trek.”
Daar was baie mense rondom Christus toe Hy hierdie woorde
ge-spreek het, en een het gesê, “Ons het uit die wet gehoor dat die
Christus tot in ewigheid bly; en hoe sê U dat die Seun van die mens
moet verhoog word? Wie is hierdie Seun van die mens?” En Jesus
sê vir hulle: “Nog ’n klein tydjie is die lig by julle. Wandel solank
as julle die lig het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. En wie
[640]
in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie. Solank as julle
die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan wees.”
“
En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle
nie in Hom geglo nie.” Eenmaal het hulle aan die Heiland gevra,
“
Watter teken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo?” Joh. 6: 30.
’
n Menigte tekens is gegee, maar hulle het hulle oë daarvoor gesluit
en hulle harte verhard. Noudat die Vader self gespreek het, en hulle
om geen verdere teken kon vra nie, het hulle nog geweier om te glo.
“
Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo. Maar
ter- wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die
sina- goge geban te word nie.” Hulle het die lof van mense meer
liefgehad as die goedkeuring van God. Om hulleself te red van
verwyt en skande, het hulle Christus verloën en die aanbod van die
ewige lewe verwerp. En hoeveel is daar wat deur die eeue sedert
daardie tyd dieselfde gedoen het! Al die Heiland se woorde van