In die Buitenste Voorhof
571
Satan se koninkryk omver gewerp word. Op hierdie manier alleen
kon die mens verlos, en God verheerlik word. Jesus het die lyde
aanvaar; Hy was gewillig om die offer te gee. Die Majesteit van die
hemel het in- gestem om te ly as die Sondoffer. Hy het gesê, “Vader,
verheerlik U Naam!” Toe Christus hierdie woorde spreek, het daar
’
n antwoord gekom uit die wolk wat oor Sy hoof gesweef het: “Ek
het dit verheerlik en Ek sal dit weer verheerlik.” Christus se hele
lewe, van die krip tot die tyd dat hierdie woorde gespreek is, het God
verheerlik; en in die aanstaande beproewing sou Sy godlik-menslike
lyde inderwaarheid die Naam van Sy Vader verheerlik.
Toe die stem gehoor is, het daar ’n lig uit die wolk geskiet en
Christus omring, asof die arms van die Almagtige om Hom geslaan
is soos ’n muur van vuur. Die mense het hierdie toneel met vrees
en verbasing aanskou. Nie een het dit gewaag om te praat nie. Stil,
en met gespanne aandag het die mense gestaan met hulle oë op
Jesus gevestig. Nadat die getuienis van die Vader gekom het, het die
wolk opgestyg en in die lug verdwyn. Vir die tyd was die sigbare
kommunikasie tussen die Vader en die Seun beëindig.
“
En die skare wat daar staan en dit hoor, het gesê dat daar ’n
donderslag gewees het. Ander het gesê: ’n Engel het met Hom
gespreek.” Maar die Grieke wat gekom het om Jesus te sien, het die
wolk gesien, die stem gehoor, verstaan wat daar gesê is, en Christus
inderwaarheid gesien; aan hulle is Hy geopenbaar as die Een van
God gestuur.
[639]
Die stem van God is- gehoor by die doop van Jesus aan die begin
van Sy bediening, en weer by die verheerliking op die berg. Nou, aan
die einde van Sy bediening, is dit vir die derde maal gehoor, deur ’n
groter aantal mense, en onder Sonderlinge omstandighede. Jesus het
toe so pas die plegtigste waarheid geuiter betreffende die toestand
van die Jode. Hy het Sy laaste oproep gedoen, en die vonnis oor
hulle uitgespreek. Nou het God weer Sy seël gedruk op die werk van
Sy Seun. Hy het die Een erken wat deur Israel verwerp is. “Hierdie
stem het nie om My ontwil gekom nie,” het Jesus gesê, “maar om
julle ontwil.” Dit was die beslissende bewys van Sy Messiasskap,
die teken van die Vader dat Jesus die waarheid gespreek het, en dat
Hy die Seun van God is.
“
Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld,” het Christus voort-
gegaan; “nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf