570
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die lewe wat aan eiebelang bestee word, is soos die graan wat
geëet word. Dit verdwyn, maar daar is geen vermeerdering nie. ’n
Man mag alles wat hy kan vir homself insamel; hy mag lewe en dink
en planne maak vir homself; maar sy lewe gaan verby, en hy het niks
nie. Die wet van self-diens is die wet van selfvernietiging.
“
As iemand My dien,” het Jesus gesê, “laat hom My volg; en
waar Ek is, daar sal My dienaar ook wees; as iemand My dien,
sal die Vader hom eer.” Almal wat saam met Jesus die kruis van
opoffering gedra het, sal saam met Hom wees in Sy heerlikheid.
In Sy vernedering en lyde was dit die vreugde van Christus dat Sy
dissipels met Hom sou verheerlik word. Hulle is die vrugte van Sy
opoffering. Die uitwerking in hulle van Sy eie karakter en gees is
Sy loon, en dit sal Sy vreugde wees deur die ewigheid heen. Hierdie
vreugde ondervind hulle saam met Hom wanneer hulle die vrugte
van hulle arbeid en opoffering sien in ander harte en lewens. Hulle
is medewerkers van Christus, en die Vader sal hulle eer soos Hy Sy
Seun eer.
Die versoek van die Grieke, wat ’n aanduiding was van die in-
sameling van die heidene, het Jesus laat dink aan Sy hele sending.
Hy het die werk van verlossing voor Hom gesien, van die tyd toe
die plan in die hemel gemaak is, tot Sy dood wat nou ophande was.
Dit het geskyn of ’n geheimsinnige wolk die Seun van God bedek
het. Die somberheid daarvan is gevoel deur diegene naby Hom.
[638]
Hy het diep in gedagte gesit. Eindelik is die stilte verbreek deur Sy
droefgeestige stem, “Nou is My siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader,
red My uit hierdie uur!” Reeds byvoorbaat was Christus besig om die
bittere beker te drink. Sy mensheid het teruggedeins vir die uur van
verlatenheid, wanneer Hy skynbaar ook selfs deur God verlate sou
wees, en wanneer almal Hom sou sien, soos een geplaag, deur God
geslaan en verdruk. Hy het teruggedeins vir die openbare skouspel,
vir die behandeling as die grootste misdadiger, en vir die skanddood.
’
n Voorbode van Sy stryd met die magte van die duisternis, ’n besef
van die vreeslike skuld van die mens se oortreding, en die Vader se
wraak weens die sonde, het die gees van Jesus laat verflou, en Sy
gelaat was doodsbleek.
Toe het die goddelike onderwerping aan die Vader se wil ge-
kom. “Hierom het Ek in hierdie uur gekom,” het Hy gesê, “Vader,
verheer- lik U Naam!” Alleen deur die dood van Christus kon die