In die Buitenste Voorhof
569
en sterwe nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.”
Wanneer die graankorrel in die grond val en sterwe, groei dit uit en
dra dit vrugte. So sou die dood van Christus vrugte vir die koninkryk
van God dra. Net soos in die geval van die planteryk, sou daar lewe
kom uit Sy dood.
Diegene wat die grond bewerk, sien gedurig hierdie illustrasie
voor hulle. Jaar na jaar bewaar die mens sy voorraad graan deur
oënskynlik die beste deel daarvan weg te gooi. Vir ’n tyd moet hy dit
inploeg, onder die grond, om bewaar te word deur die Here. Daarna
verskyn die halmpie, dan die aar, en later die korrels in die aar. Maar
hierdie ontwikkeling kan nie plaasvind tensy die graan onder die
grond begrawe, bedek en skynbaar verlore raak nie.
Die saad wat in die grond begrawe word, bring die vrugte voort,
en op sy beurt word daardie saad weer geplant. So word die oes
vermenigvuldig. So ook sal die dood van Christus aan die kruis
van Golgota vrugte voortbring tot die ewige lewe. Die oorpeinsing
van hierdie offer sal die heerlikheid wees van diegene wat, soos die
vrugte daarvan, deur die ewigheid sal lewe.
Die graankorrel wat sy eie lewe bewaar, kan geen vrugte voort-
bring nie. Dit bly alleen. Christus kon, as Hy wou, Homself van die
dood gered het. Maar as Hy dit gedoen het, sou Hy alleen gebly het;
Hy sou geen seuns en dogters tot God kon bring nie. Alleen deur Sy
[637]
lewe op te gee, sou Hy lewe aan die mensheid kon gee. Alleen deur
in die grond te val en te sterf, sou Hy die saad kon word van daardie
groot oes — daardie menigte uit alle nasies en stamme en tale en
volke, verlos vir God.
Met hierdie waarheid verbind Christus die les van selfopoffering
wat almal behoort te leer: “Wie sy lewe lief het, sal dit verloor; maar
wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.”
Almal wat graag vrugte wil voortbring as werkers saam met Christus,
moet eers in die grond val en sterf. Die lewe moet gewerp word in
die ploegvoor van die wêreld se behoefte. Eieliefde en eiebelang
moet sterf. En die wet van selfopoffering is die wet van selfbehoud.
Die landbouer bewaar sy graan deur dit weg te gooi. So is dit ook
met die menslike lewe. Om te gee is om te lewe. Die lewe wat behou
sal word, is die lewe wat vryelik gegee word in die diens van God en
mens. Diegene wat om Christus ontwil hulle lewe in hierdie wêreld
opoffer, sal dit bewaar tot die ewige lewe.