Page 572 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

568
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die Grieke wou baie graag die waarheid weet met betrekking tot Sy
sending. “Ons wil Jesus graag sien,” het hulle gesê. Daar is voldoen
aan hulle begeerte. Toe die versoek aan Jesus gebring is, was Hy
in daardie deel van die tempel waar almal, behalwe Jode, uitgesluit
was, maar Hy het na die Grieke in die buitenste voorhof gegaan, en
Hy het ’n persoon- like onderhoud met hulle gehad.
Die uur van Christus se verheerliking het gekom. Hy het gestaan
in die skaduwee van die kruis, en die navraag van die Grieke het aan
Hom getoon dat die offer wat Hy op die punt gestaan het om te gee,
baie seuns en dogters na God sou bring. Hy het geweet dat die Grieke
Hom eerlank in ’n posisie sou sien wat hulle nie toe van gedroom
het nie. Hulle sou Hom langs Barabbas, ’n rower en moordenaar,
sien wat bo die Seun van God verkies sou word vir loslating. Hulle
sou hoor hoe die mense, geïnspireer deur die priesters en owerstes,
hulle keuse doen. En op die vraag: “Wat moet ek dan maak met
Jesus wat genoem word Christus?” sou die antwoord kom, “Laat
Hom gekruisig word!” Matt. 27: 22. Deur hierdie versoening vir
die sondes van die mensheid te doen, het Christus geweet dat Sy
koninkryk volmaak sou word en die hele wêreld sou beslaan. Hy sou
werk as die Hersteller, en Sy Gees sou die oorwinning behaal. Vir
n oomblik het Hy in die toekoms gekyk en gehoor hoe stemme in
alle dele van die aarde verkondig, “Daar is die Lam van God wat die
sonde van die wêreld wegneem.” Joh. 1: 29. In hierdie vreemdelinge
[636]
het Hy die pand van ’n groot oes gesien, wanneer die skeidsmuur
tussen Jood en heiden afgebreek sou wees, en alle nasies en stamme
en volke die boodskap van verlossing sou hoor. Hierdie vooruitsig,
die verwesenliking van Sy hoop, is uitgedruk in Sy woorde, “Die
uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word.”
Maar die wyse waarop hierdie verheerliking sou geskied, was nooit
uit Christus se gedagte nie. Die insameling van die heidene sou
plaasvind na Sy aanstaande dood. Alleen deur Sy dood sou die
wêreld gered kan word. Soos ’n koring- korrel moes die Seun van
die mens in die grond gegooi word en sterf en onder die grond
begrawe word; maar Hy sou weer lewe.
Christus het Sy toekoms geopenbaar en dit geïllustreer deur die
dinge van die natuur, sodat Sy dissipels dit kon verstaan. Die ware
resultaat van Sy sending sou bereik word ná Sy dood. “Voorwaar,
voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val