Page 571 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

In die Buitenste Voorhof
EN daar was sommige Grieke onder die wat opgekom het om op
die fees te aanbid — hulle het na Filippus gegaan wat van Betsaida
in Galilea was, en hom gevra en gesê: Meneer, ons wil Jesus graag
sien. Filippus kom en sê dit vir Andreas en Andreas en Filippus
vertel dit weer aan Jesus.”
In hierdie tyd het dit gelyk of Christus se werk ’n volslae mis-
lukking was. Hy was oorwinnaar in die stryd met die priesters en
Fariseërs, maar dit was duidelik dat hulle Hom nooit sou aanneem
as die Messias nie. Die laaste skeiding was daar. Vir Sy dissipels het
die saak hopeloos gelyk. Maar Christus het die voleindiging van Sy
werk genader. Die groot gebeurtenis wat nie alleen die Joodse volk
aangegaan het nie, maar die hele wêreld, sou eerlank plaasvind. Toe
Christus die gretige versoek, “Ons wil Jesus graag sien,” hoor, het
Hy daarin die geroep van ’n hongerige wêreld gehoor. Sy gelaat het
gestraal, en Hy het gesê, “Die uur het gekom dat die Seun van die
mens verheerlik moet word.” In die versoek van die Grieke het Hy
n pand gesien van die resultaat van Sy groot offerande.
[635]
Hierdie manne het uit die Weste gekom om die Verlosser te soek
i aan die einde van Sy lewe, net soos die wyse manne uit die Ooste
gekom het aan die begin. T-en tyde van Christus se geboorte was
die Joodse volk so in beslag geneem deur hulle eie groot planne dat
hulle nie geweet het van Sy koms nie. Die magiërs uit ’n heidense
land het na die krip gekom met hulle gifte om die Verlosser te aanbid.
So het die Grieke, wat die nasies en stamme en volke van die wêreld
verteenwoordig het, gekom om Jesus te sien. So sal die mense van
alle lande en alle eeue getrek word deur die Heiland se kruis. So
sal baie kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en
Jakob aansit in die koninkryk van die hemele. Matt. 8: 11
Die Grieke het gehoor van Christus se triomfantlike intog in
Jerusalem. Sommige het gemeen, en het ook gerugte versprei, dat
Hy die priesters en owerstes uit die tempel gedryf het, en dat Hy
die troon van Dawid sou bestyg om as koning van Israel te regeer.
567