Page 570 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

566
DIE KONING VAN DIE EEUE
op- drag vervul met ’n wysheid en ywer ooreenkomstig die grootheid
van
[633]
die werk. Hulle het ’n boodskap gedra wat ingang gevind het in
die harte van mense, en hulle het die ou bygelowe verswak wat vir
so lank die lewens van duisende vereng het. Voor hulle getuienis het
menslike teorieë en redenasies soos nietige fabels geword. Magtig
was die resultate wat gevloei het van die woorde van die Heiland
aan daardie verbaasde, verskrikte skare in die tempel van Jerusalem.
Maar Israel, as ’n volk, het hom geskei van God. Die natuurlike
takke van die olyfboom is afgebreek. Jesus het vir die laaste maal
die binnekant van die tempel aanskou, en weemoedig gesê, “Kyk
julle huis word vir julle woes gelaat! Want Ek sê vir julle: Julie sal
My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy
wat kom in die Naam van die Here!” Tot op daardie tydstip het Hy
die tempel die huis van Sy Vader genoem; maar nou, waar die Seun
van God daardie gebou sou verlaat, sou Gods teenwoordigheid ook
vir altyd onttrek word aan die tempel wat tot Sy eer gebou is. Van
nou af sou die seremonies betekenloos, en die dienste ’n klug wees.
[634]