Page 569 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Wee die Fariseërs
565
voor Hom. Sy stem, wat so dikwels gehoor is in sagmoedigheid
en smeking, was nou hard in bestraffing en veroordeling. Die toe-
hoorders het gebewe. Nooit sou die indruk van Sy woorde en Sy
[632]
gelaatsuitdrukking uitgewis kon word nie.
Christus se verontwaardiging was teen die huigelary, die growwe
sondes, waardeur mense hulle eie siele vernietig, die mense bedrieg,
en God onteer het. In die listige, bedrieglike redenasies van die
priesters en owerstes het Hy die werking van sataniese magte gesien.
Skerp en reguit was Sy veroordeling van sonde; maar Hy het geen
woorde van weerwraak gespreek nie. In Hom was daar ’n heilige
woede teen die vors van die duisternis; maar Hy het geen kwaad-
aardigheid geopenbaar nie. So sal ook die Christen wat in harmonie
met God lewe, wat dieselfde eienskappe van liefde en genade het, ’n
regverdige verontwaardiging teenoor die sonde voel; maar hy sal nie
kwaad word en diegene uitskel wat hom uitskel nie. Selfs wanneer
hy te staan kom teen diegene wat besiel is met duiwelse mag om
valsheid te handhaaf, sal hy in Christus kalm bly en homself nie te
buite gaan nie.
Daar was goddelike ontferming in die gelaat van die Seun van
God, terwyl Hy ’n laaste blik op die tempel, en daarna op Sy toe-
hoorders gewerp het. In ’n stem vol innige aandoening, en met bitter
trane het Hy uitgeroep: “Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete
doodmaak en stenig die wat na jou gestuur is — hoe dikwels wou Ek
jou kinders bymekaarmaak net soos ’n hen haar kuikens onder die
vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!” Dit is die afskeidsworste-
ling. In die weeklag van Christus is die hart van God uitgestort.
Dit was die misterieuse vaarwel van die lankmoedige liefde van die
Godheid.
Beide Fariseërs en Sadduseërs is stilgemaak. Jesus het Sy dis-
sipels geroep, en het klaargemaak om die tempel te verlaat, nie as
een wat verslaan en gedwing is om die teenwoordigheid van Sy
teenstanders te verlaat nie, maar as iemand wie se werk gedaan is.
Hy het terugge- trek as oorwinnaar in die stryd.
Die kostelike waarhede wat daardie gedenkwaardige dag van
Christus se lippe geval het, is as ’n skat bewaar in baie harte. Vir hulle
het nuwe gedagtes tot die lewe ontkiem, ’n nuwe strewe het ontwaak,
en ’n nuwe geskiedenis begin. Na die kruisiging en opstanding van
Christus, het hierdie persone na vore gekom, en het hulle goddelike