564
DIE KONING VAN DIE EEUE
regeerders, en die volk, en het hulle die woorde gespreek wat God
aan hulle gegee het, en in lewensgevaar Sy wil gehoorsaam. Van
[631]
geslag tot geslag is die vreeslike straf opgegaar vir die verwerpers
van lig en waarheid. Die vyande van Christus was nou besig om dit
op hulle eie hoofde te bring. Die sondes van die priesters en owerstes
was groter as die van die vorige geslag. Deur hulle verwerping van
die Heiland, het hulle hulleself aanspreeklik gemaak vir die bloed
van al die regverdiges wat om die lewe gebring is, van die tyd van
Abel af tot by Christus. Hulle het op die punt gestaan om hulle
beker van on- geregtigheid tot oorlopens toe te vul. Baie gou sou
dit in vergelding op hulle eie hoofde uitgegiet word. Daarvan het
Jesus hulle gewaarsku: “Sodat oor julle kan kom al die regverdige
bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige
Abel af tot op die bloed van Zagaria, die seun van Beregja, wat julle
vermoor het tussen die tempel en die altaar. Voorwaar Ek sê vir julle,
al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.”
Die skrifgeleerdes en Fariseërs wat na Jesus geluister het, het
geweet dat Sy woorde waar was. Hulle het geweet hoe die profeet
Sagaria vermoor is. Terwyl die woorde van waarskuwing van God
nog op sy lippe was, het ’n sataniese woede die afvallige koning
vervul, en op sy bevel is die profeet gedood. Sy bloed het die stene
van die voorhof van die tempel bevlek, en dit kon nie afgewas word
nie; dit het daar gebly om te getuig teen afvallige Israel. Solank as
die tempel sou staan, sou die vlekke van daardie regverdige bloed
bly, roepende tot God om vergelding. Terwyl Jesus verwys het na
hierdie vreeslike sondes, het daar ’n rilling van vrees deur die skare
gegaan.
Vooruitsiende, het Jesus verklaar dat die onboetvaardigheid van
die Jode, en hulle onverdraagsaamheid teenoor Gods dienaars, in die
toe- koms net so sal wees as in die verlede:
“
Daarom kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes
na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig
en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na
die ander vervolg.” Profete en wyse manne, vol geloof en van die
Heilige Gees
Stefanus, Jakobus, en baie ander — sou veroordeel en gedood
word. Met die hand opgehef na die hemel, en ’n goddelike lig
rondom Sy gestalte, het Christus gespreek soos ’n regter van diegene