Page 567 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Wee die Fariseërs
563
ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.
Julle gee dus teen julleself getuienis dat julle kinders is van die wat
[630]
die profete vermoor het.” Om hulle agting te toon vir die gestorwe
profete, was die Jode baie ywerig om hulle grafte te versier; maar
hulle het nie geluister na hulle leer, of aggeslaan op hulle bestraffings
nie.
In die tyd van Christus is daar ’n bygelowige agting gekoester
vir die rusplekke van die dode, en groot somme geld is bestee aan
die versiering van hulle grafte. In die oë van God was dit afgode-
diens. In hulle oordrewe agting vir die dode, het die mense getoon
dat hulle God nie bo alles liefgehad het nie, of hulle naaste soos
hulleself nie. Ons sien dieselfde soort afgodery ook vandag. Baie is
skuldig daaraan dat hulle die weduwees, wese, die siekes en armes
verwaarloos, sodat hulle duur monumente kan oprig vir die dode.
Tyd, geld, en arbeids- kragte word vryelik bestee vir hierdie doel,
terwyl die pligte aan die lewendes — pligte wat Christus duidelik
opgedra het — nie nagekom word nie.
Die Fariseërs het die grafte van die profete gebou, en dit versier,
en vir mekaar gesê: As ons in die dae van ons vaders gelewe het,
sou ons nie saam met hulle die bloed van Gods dienaars vergiet het
nie. Maar terselfdertyd het hulle planne gesmee om die lewe van Sy
Seun te neem. Dit behoort ’n les vir ons te wees. Dit behoort ons
oë te open vir die mag van die Satan om die hart te bedrieg en af
te wend van die lig van die waarheid. Baie volg in die voetstappe
van die Fariseërs. Hulle vereer diegene wat vir hulle geloof gesterf
het. Hulle is verwonderd oor die blindheid van die Jode in hulle
verwerping van Christus. As ons in Sy dae gelewe het, sê hulle, sou
ons Sy leer met blydskap aangeneem het; ons sou nooit deelgenote
gewees het aan die skuld van diegene wat die Heiland verwerp
het nie. Maar wanneer gehoorsaamheid aan God selfverloëning en
vernedering verg, sal daardie selfde persone hulle oortuigings smoor
en gehoorsaamheid weier. So openbaar hulle dieselfde gees as die
van die Fariseërs wat deur Christus veroordeel is.
Min het die Jode besef watter vreeslike gevolge hulle verwerping
van Christus sou hê. Van die tyd af dat die eerste onskuldige bloed
vergiet is, toe die regverdige Abel neergevel is deur die hand van
Kain, is dieselfde geskiedenis herhaal met toenemende skuldigheid.
In elke eeu het profete hulle stem verhef teen die sondes van konings,