Page 566 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

562
DIE KONING VAN DIE EEUE
vir elke geval. Die reëls het naderhand so ingewikkeld geword dat
dit onmoontlik was om hulle na te kom. Niemand het meer geweet
[629]
in hoe verre hulle hulle ver- pligtings nagekom het nie. Soos God
dit gegee het, was die stelsel regverdig en redelik; maar die priesters
en rabbi’s het dit ’n ondraag- like las gemaak.
Alles wat God beveel, is belangrik. Christus het die gee van tien-
des as ’n plig beskou; maar Hy het daarop gewys dat die nakoming
van hierdie plig geen ekskuus was om ander pligte te verwaarloos
nie. Die Fariseërs was baie nougeset om tiendes te gee op tuingoed
soos kruisement en anys en koljander; hierdie dinge het hulle min
gekos en dit het die skyn gegee dat hulle baie nougeset en heilig
was. Maar terselfdertyd het hulle onnodige reëls die mense verdruk,
en agting vir die heilige instelling vernietig. Hulle het die mense
se gedagtes besig gehou met nietige reëltjies, en hulle aandag afge-
trek van die essensiële waarhede. Die swaarste dinge van die wet,
soos reg en barmhartigheid en trou, is nagelaat. “Hierdie dinge,” het
Christus gesê, “behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.”
Nog ander wette is ook deur die rabbi’s op dieselfde manier
verdraai. In die bevele aan Moses gegee, was dit nie geoorloof om
iets te eet wat onrein is nie. Die eet van varkvleis, en die vleis van
sekere ander diere was belet, want dit sou die bloed onrein maak
en die lewe verkort. Maar die Fariseërs het nie hierdie beperkings
gelaat soos God hulle gegee het nie. Hulle het tot onnodige uiterstes
gegaan. Onder ander moes die volk alle water deursuig vóór gebruik,
sodat daar nie miskien selfs die kleinste insek agterbly wat as onrein
geklassifiseer kan word nie. Waar Jesus hierdie nietige bepalings
vergelyk het met die grootheid van hulle werklike sondes, het Hy
aan die Fariseërs gesê, “Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif,
maar die kameel insluk!”
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is
net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne
vol doodsbeendere en allerhande onreinheid is.” Soos die gewitte
en uiterlik versierde graf die verrotte oorblyfsels binnekant bedek,
so het die uiter- like heiligheid van die priesters en owerstes sondes
bedek. Jesus het voortgegaan:
,.
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle
bou die grafte van die profete, en versier die grafstene van die regver-
diges; en julle sê: As ons in die dae van ons vaders gelewe het, sou