Wee die Fariseërs
561
deur die eeue gevloei het. Op ’n duisend maniere het dit bygedra tot
die verligting van die lot van die armes, en tot die verbreiding van
[628]
die evangelie. Haar voorbeeld van selfopofïering het ingewerk op
duisende harte in elke land en in elke eeu. Dit het ’n beroep gedoen
op beide rykes en armes, en hulle offergawes het die waarde van
haar gawe vergroot. God se seën op die oortjie van die weduwee het
dit die bron van groot weldadigheid gemaak. So is dit ook met elke
gawe en elke daad wat geskied uit ’n opregte begeerte om God te
verheerlik. Dit word verbind met die planne van die Almagtige. En
geen mens kan die resul-tate ten goede bereken nie.
Die Heiland het voortgegaan met Sy veroordeling van die skrif-
geleerdes en Fariseërs: “Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen
wat sweer by die tempel—dit is niks nie; maar elkeen wat sweer
by die goud van die tempel, Hy is gebonde. Julle dwase en blindes,
want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig? En:
Elkeen wat sweer by die altaar—dit is niks nie; maar elkeen wat
sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde. Julle dwase en blin-
des, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig?”
Die priesters het Gods vereistes vertolk volgens hulle vals en enge
standaard. Hulle het fyn verskille gemaak betreffende die skuld van
verskillende sondes, sommige is as lig beskou, en ander wat glad nie
ernstig was nie, as onvergeeflik. Vir geld het hulle persone van hulle
geloftes onthef. En vir groot somme geld het hulle soms ernstige
misdade oor die hoof gesien. Maar terselfdertyd het hierdie selfde
priesters en owerstes n harde oordeel uitgespreek oor onbenullige
misdade.
“
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle
gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en julle laat na
die swaar- ste van die wet: die reg en die barmhartigheid en die
trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na
te laat.” In hierdie woorde het Christus weer eens die misbruik van
heilige verpligtings veroordeel. Hy het nie die verpligtings opgehef
nie. Die stelsel van die heffing van tiendes is deur God ingestel,
en dit is sedert die vroegste tye nagekom. Abraham, die vader van
die gelowiges, het tiendes gegee van al sy besittings. Die Joodse
regeerders het die verpligting om tiendes te gee, erken en dit was reg;
maar hulle het die volk nie gelaat om hulle eie oortuigings aangaande
hulle pligte uit te voer nie. Daar is arbitrêre reëls vir hulle opgestel