Page 564 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

560
DIE KONING VAN DIE EEUE
en haar daad sou vir altyd ’n monument tot haar nagedagtenis wees.
Haar hart was in haar gawe; die waarde is bereken, nie volgens die
[627]
waarde van die geldstuk nie, maar volgens die liefde tot God en die
belangstelling in Sy werk, wat die motief van die daad was.
Jesus het gesê die arm weduwee “het meer ingegooi as almal.”
Die rykes het uit hulle oorvloed gegee, en baie van hulle net om deur
die mense gesien en geëer te word. Hulle groot gawes het hulle van
geen gerief of weelde beroof nie; dit was nie vir hulle ’n opoffering
nie, en in waarde kon dit nie vergelyk word met die weduwee se
geld- stukkie nie.
Dit is die motief agter ons dade wat die karakter daaraan gee, òf
van onwaardigheid òf van sedelike waarde. Dit is nie die groot dinge
wat elke oog sien en elke tong loof wat God noodwendig as kosbaar
beskou nie. Die klein pliggies blymoedig gedoen, die klein gifte
sonder vertoon gegee, en wat volgens die menslike beskouing waar-
deloos is, staan dikwels die hoogste in die oë van God. ’n Hart van
geloof en liefde is vir God van meer waarde as die kosbaarste gawe.
Die arm weduwee het alles wat sy gehad het om van te lewe, gegee.
Sy het haarseif aan voedsel ontrief om daardie twee geldstukkies te
gee vir die saak wat sy liefgehad het. En sy het dit in geloof gedoen,
en geglo dat haar hemelse Vader haar nie sou verlaat in haar groot
nood nie. Dit was hierdie onselfsugtige gees en kinderlike geloof
wat die oorsaak was dat die Heiland haar geprys het.
Onder die armes is daar baie wat ook graag hulle dankbaarheid
wil toon aan God vir Sy genade en waarheid. Hulle wil graag saam
met hulle meer voorspoedige broeders ’n aandeel hê in die onderhou-
ding van die diens van God. Hulle moenie geweier word nie. Laat
hulle hulle geldstukkies in die bank van die hemel bêre. As hulle dit
gee uit ’n hart vol van liefde vir God, sal daardie skynbare nietige
gawes geheilig word, kosbare offergawes wat die goedkeuring en
seën van God sal wegdra.
Toe Jesus van die weduwee gesê het, “Sy het alles wat sy gehad
het,” ingegooi, was Sy woorde waar, nie alleen wat betref die motief
nie, maar ook ten opsigte van die gevolge van haar gawe. Die twee
geldstukkies, “dit is ’n oortjie,” het in Gods skatkis ’n som geld
gebring baie groter in waarde as die bydraes van daardie ryk Jode.
Die invloed van daardie klein gawe was soos ’n stroompie, klein
waar dit begin, maar wat steeds breër en dieper word namate dit