Wee die Fariseërs
559
groot vroomheid in ons dae. Hulle lewens is besoedel deur selfsug
en gierigheid, maar dit alles bedek hulle met ’n oënskynlike heilige
[626]
kleed, en so bedrieg hulle die mense vir ’n tyd. Maar hulle kan God
nie bedrieg nie. Hy lees elke versinsel van die hart, en Hy sal elke
mens oordeel volgens sy dade.
Christus het hierdie wangebruike genadeloos veroordeel, maar
Hy was versigtig om nie die mens se pligte te verminder nie. Hy
het die selfsug veroordeel wat die gawes van weduwees afgepers en
misbruik het. Maar terselfdertyd het Hy die weduwee geprys wat
haar offer- gawe in die skatkis van God gestort het. Die mens se
misbruik van die gawe sou nie Gods seën weghou van die gewer nie.
Jesus was in die hof waar die skatkiste gestaan het, en Hy het
diegene betrag wat hulle gifte kom ingooi het. Baie van die rykes
het groot somme gebring wat hulle met groot vertoon ingegooi het.
Jesus het hulle met droefheid betrag, maar geen kommentaar gelewer
oor hulle milddadige offergawes nie. Skielik het Sy gelaat gestraal,
toe Hy ’n arm weduwee aarselend sien naderkom, asof sy bang
was dat hulle haar sou opmerk. Terwyl die rykes en hoogmoediges
verbygaan om hulle offergawes in te gooi, het sy teruggedeins asof
sy dit nie kon waag om nader te kom nie. En tog wou sy ook graag
iets doen, min soos dit was, vir die saak wat sy liefhet. Sy het na
die geld in haar hand gekyk; dit was uiters min vergeleke met die
van die ander rondom haar, maar dit was al wat sy gehad het. Sy het
haar kans afgewag, vinnig haar twee geldstukkies ingegooi, en toe
omgedraai en haastig weggestap. Toe sy dit doen, het sy die oog van
Jesus gevang, wat haar stip aangekyk het.
Die Heiland het Sy dissipels na Hom toe geroep en hulle at-
tent gemaak op die weduwee se armoede. Toe het sy die volgende
woorde van aanprysing gehoor: “Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie
arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi
het.” Trane van blydskap het in haar oë opgewel toe sy voel dat
haar daad opge- merk en verstaan is. Baie sou haar aangeraai het
om haar geldjies te hou vir haar eie gebruik; as sy dit sou gee in
die hande van die goedgevoede priesters, sou dit heeltemal verlore
geraak het onder daardie baie kostelike gawes wat na die skatkis
gebring is. Maar Jesus het haar motief verstaan. Sy het geglo dat die
tempeldiens ’n instelling van God was, en sy wou baie graag haar
deeltjie tot die onderhoud daarvan bydra. Sy het gedoen wat sy kon,