Page 562 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

558
DIE KONING VAN DIE EEUE
As Christus vandag op die aarde sou wees, omring van diegene
wat aangespreek word as “Eerwaarde,” of “Hoog-eerwaarde,” sou
Hy nie miskien Sy bestraffing herhaal nie, “Julle moet julle ook nie
leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester, Christus”?
Van God sê die Skrifte: “Sy Naam is heilig en vreeslik.” Ps. 111:9.
Watter mens het reg op so ’n titel? Hoe min openbaar die mens die
wysheid en geregtigheid wat dit omhels! Hoeveel van diegene wat
hierdie titel aanneem, stel die Naam en karakter van God vals voor!
Helaas, hoe dikwels is wêreldse eersugtigheid, despotisme, en die
lie- derlikste sondes bedek onder die geborduurde kleed van ’n hoë
en heilige amp! Die Heiland het voortgegaan:
Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself
verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog
word.” Keer op keer het Christus geleer dat die maatstaf van ware
grootheid sedelike waarde is. In die berekening van die hemel, be-
staan grootheid van karakter in ’n lewe gewy aan die welsyn van
ons medemens, en in werke van liefde en barmhartigheid. Christus,
die Koning van heerlikheid, was dienaar van die gevalle mensheid.
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes,” het Jesus
gesê” “want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die
mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat
julle nie toe om in te gaan nie.” Deur hulle verdraaiing van die
Skrifte, het die priesters en wetgeleerdes die verstand van diegene
verblind wat anders ’n kennis van Christus se koninkryk sou verkry
het, en daardie innerlike, goddelike lewe wat so nodig is vir ware
heiligheid.
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet
die huise van die weduwees op, en dit terwyl julle vir die skyn lang
gebede doen. Daarom sal julle ’n swaarder oordeel ontvang.” Die
Fariseërs het groot invloed by die mense gehad, en dit het hulle vir
hulle eie voordeel gebruik. Hulle het die vertroue van vrome wedu-
wees gewin, en dit by hulle as ’n plig voorgestel om hulle eiendom
te gee vir godsdienstige doeleindes. Nadat hulle die geld in besit
gekry het, het hierdie slinkse konkelaars dit vir hulleself gebruik.
Om hierdie oneerlikheid te bedek, het hulle lang gebede in die open-
baar gebid, en die skyn van baie groot vroomheid verwek. Hierdie
geveinsdheid sou hulle oordeel des te swaarder maak, het Christus
gesê. Dieselfde bestraffing tref ook baie wat aanspraak maak op baie