Wee die Fariseërs
557
alles wat ver- derflik en bedrieglik is. Hulle sal aktief wees in werke
van liefde en barmhartigheid. Die oë, gerig op die edele doelwit, sal
[624]
helder en waar- agtig wees. Die gelaatsuitdrukking en die sprekende
oë sal getuig van die onbesproke karakter van die een wat Gods
Woord vereer en liefhet. Maar die Jode, in die tyd van Christus, het
al hierdie dinge nie raakgesien nie. Die gebod van Moses is vertolk
om te leer dat die gebooie van die Skrifte op die liggaam van die
persoon gedra moes word. Daarom is hulle op strokies perkament
geskryf, en gedra op die voorhoof en om die pols waar hulle gesien
kon word. Maar dit het nie die wet van God ’n groter plek in die
verstand en hart gegee nie. Die perkamentstrokies is bloot as tekens
gedra om aandag te trek. Die idee was dat dit aan die draers ’n skyn
van vroomheid sou gee wat die respek van die mense sou afdwing.
Jesus het hierdie geveinsdheid ’n slag toegedien:
“
Hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word,
en hulle maak hulle gedenkseëls breed en die some van hulle klere
groot. En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die
voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die marke
en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi! Maar julle,
laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester, Christus,
en julle is almal broers. En julle moet niemand op die aarde julle
vader noem nie, want een is julle Vader — Hy wat in die hemele is.
Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle
leermeester, Christus.” In sulke duidelike woorde het die Heiland
die selfsugtige ambisie bestraf wat maar altyd gereik het na die plek
van mag en ’n valse nederigheid geopenbaar het, terwyl die hart vol
gierigheid en nyd was. Wanneer mense na ’n feesmaal uitgenooi
word, is aan die gaste sitplekke aangewys volgens hulle rang, en
diegene wat die ere- plekke gekry het, het spesiale aandag en gunste
ontvang. Die Fariseërs was altyd daarop uit om hierdie eerbewyse te
verkry. Hierdie gewoonte het Jesus bestraf.
Hy het ook die ydelheid bestraf verbonde aan die strewe om
die titel rabbi, of meester. Sulke titels, het Hy gesê, kom mense nie
toe nie, maar Christus alleen. Priesters, skrifgeleerdes, owerstes,
verklaarders en administreerders van die wet, hulle is almal broers,
kinders van een Vader. Jesus het dit by die mense beklemtoon dat
hulle aan geen mens ’n eretitel moet gee as erkenning van sy gesag
oor hulle gewete of geloof nie.
[625]