556
DIE KONING VAN DIE EEUE
duidelik en eenvoudig was. Self het hulle nie geweet watter weg om
in te slaan nie. Bekommerd het hulle die bewegings gadegeslaan van
[623]
diegene wie se raad hulle altyd gevolg het.Met die gelykenisse wat
Christus gespreek het, was Sy tweeledige doel om die owerstes te
waarsku en om diegene van die volk wat geseglik was, te leer. Maar
dit was nou nodig om nog meer reguit te praat. Ten gevolge van
hulle eerbied vir die tradisies, en hulle blinde geloof in die verdorwe
priesterskap, was die mense verslaaf. Christus moes die kettings
breek. Die karakter van die priesters, owerstes, en Fariseërs, moes
nog duideliker aan die kaak gestel word.
“
Die skrifgeleerdes en die Fariseërs,” het Hy gesê, “sit op die
stoel van Moses. Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te on-
derhou, onderhou en doen dit; maar moenie volgens hulle werke
doen nie, want hulle praat en doen nie.” Die skrifgeleerdes en die
Fariseërs het aanspraak gemaak op goddelike gesag soos die wat
Moses gehad het. Hulle het gemeen dat hulle sy plek ingeneem het
as verklaarders van die wet en as regters van die volk. As sulks het
hulle van die volk algehele eerbied en gehoorsaamheid geverg. Jesus
het Sy toehoorders beveel om te doen wat die rabbi’s ooreenkomstig
die wet geleer het, maar om nie hulle voorbeeld te volg nie. Hulle
het self nie gedoen wat hulle geleer het nie.
En hulle het baie dinge geleer wat in stryd was met die Skrifte.
Jesus het gesê, “Hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om
te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle
dit met hulle vinger nie verroer nie.” Die Fariseërs het ’n menigte
reëls voor- geskryf wat tradisie as grondslag gehad het, en wat die
persoonlike vryheid onredelik aan bande gelê het. En hulle het sekere
gedeeltes van die wet so vertolk, dat dit van die mense dinge geverg
het wat hulle self in die geheim veronagsaam het, en waarvan hulle,
wanneer hulle dit verkies het, vrystelling geëis het.
Om as baie vroom voor te kom, was die doel wat hulle altyd
nage- streef het. In verband met Sy gebooie het God aan Moses gesê,
“
Ook moet jy dit as ’n teken bind op jou hand, en dit moet as ’n
voorhoofs- band tussen jou oë wees.” Deut. 6: 8. Hierdie woorde het
’
n diep betekenis. Namate persone peins oor Gods Woord en dit doen,
sal die hele mens veredel word. Deur regverdige en barmhartige
hande- linge, sal die hande, soos ’n seël, die beginsels van Gods
wet openbaar. Hulle sal rein bewaar word van omkoopgeld, en van