Page 559 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Wee die Fariseërs
DlT was die laaste dag dat Christus in die tempel geleer het.
Die aandag van die groot skare wat in Jerusalem was, was op Hom
toegespits; die mense het saamgedrom in die voorhowe van die tem-
pel as toeskouers van die stryd wat aan die gang was, en hulle het
gretig elke woordjie opgevang wat van Sy lippe gekom het. Nog
nooit tevore is so ’n toneel aanskou nie. Daar het die jong Galileër
gestaan, sonder enige aardse of koninklike ereteken. Om Hom was
die priesters in hulle pragtige gewaad, owerstes in hulle uitrusting
en eretekens wat hulle rang en posisie aangedui het, en die skrifge-
leerdes met die rolle in hulle hande, wat hulle kort-kort nageslaan
het. Jesus het kalm voor hulle gestaan, met die waardigheid van ’n
koning. Soos iemand met gesag van die hemel beklee, het Hy Sy
teenstanders onverskrokke aangekyk, wat Sy leer verwerp en verag
het, en wat gedors het na Sy bloed. Hulle het Hom in groot getalle
aangeval, maar hulle planne om Hom te verstrik en te veroordeel
was tevergeefs. Hy het uitdaging na uitdaging aangeneem, en Hy het
die reine, skynende waarheid voorgehou in teenstelling met die duis-
ternis en dwaalleer van die priesters en Fariseërs. Hy het aan hierdie
[622]
leiers hulle ware toestand geopenbaar, en die vergelding wat gewis
sou volg as hulle sou volhard in hulle bose weë. Die waarskuwing is
getrou gegee. Maar daar was nog ’n werk vir Christus om te doen.
Daar was nog ’n doel wat moes bereik word.
Die belangstelling van die mense in Christus en Sy werk het
steeds toegeneem. Sy leer het hulle bekoor, maar hulle was ook
verwar. Hulle het die priesters en rabbi’s gerespekteer vir hulle
geleerdheid en skynbare vroomheid. In godsdienssake het hulle nog
altyd hulle gesag stip gehoorsaam, maar nou het hulle gesien dat
hierdie manne geprobeer het om Jesus in onguns te bring, ’n leraar
wie se opregtheid en kennis na elke aanval nog helderder geskyn
het. Hulle het die kwaadwillige priesters en ouderlinge aanskou
en in hulle gelaat verleentheid en verwarring gesien. Hulle was
verwonderd dat die owerstes nie in Jesus wou glo nie, daar Sy leer so
555