Page 558 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

554
DIE KONING VAN DIE EEUE
en ’n vraag aan hulle gesteh “Wat dink julle van die Christus? Wie se
seun is Hy?” Die doel van die vraag was om hulle geloof aangaande
die Messias te toets — om te sien of hulle Hom bloot as mens beskou
het, ot as die Seun van God. ’n Hele koor van stemme het tegelyk
geantwoord, “Dawid syne.” Dit was die titel wat die profesie aan
die Messias gegee het. Toe Jesus Sy Godheid geopenbaar het deur
Sy magtige wonderwerke; toe Hy die siekes genees en die dode
opgewek het, het die mense onder mekaar gevra, “Is dit nie die Seun
van Dawid nie?” Die Siro-Feniciese vrou, die blinde Bartimeus, en
baie ander het tot Hom geroep om hulp: “Wees my barmhartig, Here,
Seun van Dawid!” Matt. 15:22. Onderwyl Hy Jerusalem binne- gery
het, het die juigende skare Hom begroet, “Hosanna vir die Seun
van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!”
Matt. 21:9. Klein kindertjies het daardie dag in die tempel Hom met
dieselfde Naam begroet. Maar vele wat Jesus die Seun van Dawid
genoem het, het nie Sy Godheid erken nie. Hulle het nie verstaan
dat die Seun van Dawid ook die Seun van God was nie.
In antwoord op die verklaring dat Christus die Seun van Dawid
was, het Jesus gesê, “Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees
die Gees van inspirasie deur God Here noem, toe Hy gesê het: Die
Here het vir my Here gesê: Sit aan My regterhand tot Ek U vyande
gemaak het ’n voetbank van U voete? As Dawid Hom dan Here
noem, hoe is Hy sy seun ? En niemand kon Hom ’n woord antwoord
nie; ook het geeneen van daardie dag af dit meer gewaag om Hom
vrae te stel nie.”
[621]