Page 557 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Stryd
553
die vergaderde priesters en owerstes het hy eerlik erken dat Christus
die regte vertolking van die wet gegee het, en hy het gesê:
Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar
geen ander is as Hy nie; en om Hom lief te hê uit die hele hart en
uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om
die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die
slagofïers.”
Die wysheid van Christus se antwoord het die skrifgeleerde
tot oortuiging gebring. Hy het geweet dat die Joodse godsdiens
bestaan het uit uiterlike seremonies liewer as innerlike vroomheid.
Hy het n taamlike besef gehad van die waardeloosheid van blote
seremoniële offers, en die gelooflose vergieting van bloed vir die
uitwissing van die sonde. Liefde en gehoorsaamheid aan God, en
onselfsugtige agting vir die mens, het vir hom voorgekom as van
meer waarde as al daardie seremonies. Die gereedheid van hierdie
man om die korrektheid van Christus se antwoord te erken, en sy
besliste getuienis voor die mense, het ’n gees geopenbaar, heeltemal
anders as die van die priesters en owerstes. Jesus het baie jammer
gevoel vir hierdie eerlike skrifgeleerde wat nie bang was om die
oortuiging van sy hart uit te spreek voor die fronsende priesters
en die dreigemente van die owerstes nie. “Toe Jesus sien dat hy
verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die
koninkryk van God nie.”
Die skrifgeleerde was naby die koninkryk van God omdat hy
besef het dat dade van geregtigheid meer aanneemlik vir God is
as brandoffers en slagofïers. Wat hy nodig gehad het, was om die
goddelike karakter van Christus te erken, en om deur geloof in
Hom krag te ontvang om die werke van geregtigheid te doen. Die
[620]
rituaal was van geen waarde sonder verbintenis met Christus deur ’n
lewende geloof nie. Selfs die sedewet sal sy doel nie bereik, tensy
dit verstaan word in sy verhouding tot die Heiland nie. Christus het
herhaaldelik getoon dat Sy Vader se gebooie baie meer was as bloot
gesaghebbende bevele. In die wet is dieselfde beginsel vervat as wat
geopenbaar word in die evangelie. Die wet wys die mens op sy plig,
en wys sy skuld aan. Hy moet tot Christus kom om vergifnis en om
krag om te doen wat die wet vereis.
Die Fariseërs het baie naby rondom Jesus gestaan toe Hy die
vraag van die wetgeleerde geantwoord het. Nou het Hy omgedraai