552
DIE KONING VAN DIE EEUE
wys, en het die noodsaaklikheid van goeie werke geleer, en verklaar
dat ’n mens ’n boom aan sy vrugte ken. Dit is om hierdie rede dat
Hy beskuldig is dat Hy die laaste ses gebooie verhef het bokant die
eerste vier.
Die wetgeleerde het Jesus genader met ’n direkte vraag: “Wat is
die eerste gebod van almal?” Die antwoord van Christus was reguit
en kragtig: “Die eerste van al die gebooie is: Hoor Israel, die Here,
onse God, is ’n enige Here. En: Jy moet die Here jou God liefhê uit
jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou
hele krag. Dit is die eerste gebod.” Die tweede is soos die eerste,
het Christus gesê, want dit vloei voort daaruit, “Jy moet jou naaste
liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as die nie.” “Aan
hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.”
Die eerste vier van die Tien Gebooie is opgesom in die een
groot gebod, “Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart.”
Die laaste ses is saamgevat in die ander een, “Jy moet jou naaste
liefhê soos jouself.” Beide hierdie gebooie is ’n uitdrukking van die
beginsel van liefde. Die eerste kan nie gehou word terwyl die tweede
verbreek word nie, en nog minder kan die tweede gehou word terwyl
die eerste verbreek word. Wanneer God Sy regte plek kry op die
troon van die hart, sal ons naaste ook sy regte plek kry. Ons sal hom
liefhê soos onsself. Alleen wanneer ons God liefhet bo alles, sal dit
moontlik wees om ons naaste onpartydig lief te hè.
En aangesien al die gebooie saamgevat is in liefde tot God en
liefde tot die mens, volg dit dat nie een gebod verbreek kan word
sonder om hierdie beginsel te oortree nie. Christus het Sy toehoor-
[619]
ders dus geleer dat die wet van God nie uit ’n aantal afsonderlike
gebooie bestaan waarvan sommige baie belangrik is, en ander van
minder belang is, en maar ongestraf oortree kan word nie. Die Here
het die eerste vier en die laaste ses gebooie as ’n goddelike ge-
heel voorgestel, en geleer dat liefde tot God betoon sal word deur
gehoorsaamheid aan al Sy gebooie.
Die wetgeleerde wat Jesus ondervra het, het die wet baie goed
geken, en hy was verbaas oor die antwoord. Hy het nie verwag
dat Jesus so ’n diepgaande en deeglike kennis van die Skrifte sou
hê nie. Hy het nou ’n beter begrip gekry van die beginsels ten
grondslag van die goddelike gebooie. In die teenwoordigheid van