Page 555 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Stryd
551
word ongelowig omdat hulle beperkte verstand nie die verborgen-
hede van God kan verstaan nie. Hulle kan nie die wonderbaarlike
openbaring van godde- like krag in Sy voorsienigheid verklaar nie,
daarom verwerp hulle die bewyse van sulke krag, en skryf dit toe
aan natuurlike werkinge wat hulle nog minder kan verstaan. Die
enigste sleutel tot die verborgenhede rondom ons, is om in alles die
teenwoordigheid en krag van God te erken. Die mense moet God
aanneem as die Skepper van die heelal, die Een wat alles beveel
en ten uitvoer bring. Hulle het behoefte aan ’n wyer begrip van Sy
karakter, en die verborgenheid van Sy werkinge.
Christus het aan Sy toehoorders gesê dat as daar geen opstanding
uit die dode was nie, sou die Skrifte wat hulle voorgegee het om te
glo, vir hulle van geen waarde wees nie. Hy het gesê, “En wat die
opstanding van die dode betref, het julle nie gelees die woord wat
vir julle deur God gesê is nie: Ek is die God van Abraham en die
God van Isak en die God van Jakob ? God is nie n God van die dode
nie, maar van die lewende.” God beskou die dinge wat nie is nie asof
hulle is. Hy sien die einde van die begin af, en Hy sien die resultate
van Sy werk asof dit alreeds gedaan is. Die dierbare dode, van Adam
af tot by die laaste heilige wat sterwe, sal die stem van die Seun van
God hoor, en sal voortkom uit die graf tot die ewige lewe. God sal
hulle God wees, en hulle sal Sy volk wees. Daar sal n noue en tere
band wees tussen God en Sy opgewekte heiliges. Hierdie toestand
sien Hy asof dit alreeds ’n bestaande werklikheid is. Vir Hom lewe
die dode.
[618]
Deur die woorde van Christus is die Sadduseërs die swye opgelê.
Hulle kon Hom nie antwoord nie. Nie een woord is gesê waarvan
hulle Hom kon beskuldig tot Sy veroordeling nie. Sy teenstanders
het niks gewin behalwe die veragting van die volk nie.
Die Fariseërs, egter, het nog nie hoop opgegee dat hulle Hom
iets sou laat sê wat hulle teen Hom kon gebruik nie. Hulle het ’n
sekere bekwame skrifgeleerde oorgehaal om Jesus te vra watter van
die tien voorskrifte van die wet die belangrikste is.
Die Fariseërs het die eerste vier gebooie verhef, wat wys op die
mens se plig teenoor sy Skepper, en gesê dat hulle baie belangriker is
as die orige ses wat die mens wys op sy pligte teenoor sy naaste. Ten
gevolge daarvan het hulle ver kortgeskiet ten opsigte van prak- tiese
godsaligheid. Jesus het die mense op hulle groot tekortkominge ge-