Page 554 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

550
DIE KONING VAN DIE EEUE
die Heilige Gees. Hy het gewys op die dwaling van vertroue op
menslike krag vir daardie verandering van karakter wat alleen deur
die Gees van God kan bewerk word.
Die Sadduseërs was daarop uit om hierdie leer te ondermyn. Deur
twis te soek met Jesus, was hulle seker dat hulle Hom in onguns sou
bring, al sou hulle dan nie Sy veroordeling kon verkry nie. Hulle het
dus besluit om Hom te ondervra oor die opstanding. As Hy miskien
met hulle sou saamstem, sou Hy die Fariseërs nog verder aanstoot
gee. As Hy van hulle sou verskil, sou hulle Sy leer as be- laglik
voorstel.
Die Sadduseërs het geargumenteer dat as die liggaam moet be-
staan uit dieselfde materie in sy onsterflike vorm as in sy sterflike
vorm, sal dit, wanneer dit uit die dode opgewek word, vlees en bloed
moet hê en die lewe wat hier op die aarde onderbreek is, in die hier-
namaals moet hervat. In daardie geval, het hulle aangevoer, sou die
aardse verhouding ook hervat moet word; man en vrou sou herenig
moet word; huwelikke sal voltrek moet word, en alles sal moet aan-
gaan net soos vóór die dood, met die bestendiging van die swakhede
en hartstogte van hierdie lewe.
In antwoord op hulle vrae het Jesus die sluier van die toekomstige
lewe n bietjie gelig. “In die opstanding,” het Hy gesê, “trou hulle
nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos die
engele van God in die hemel. Hy het aangetoon dat die Sadduseërs
verkeerd was in hulle geloof. Hulle grondstellings was verkeerd.
Julie dwaal,” het Hy gesê, “omdat julle die Skrifte nie ken nie
[617]
en ook nie die krag van God nie.” Hy het hulle nie van huigelary
beskuldig soos in die geval van die Fariseërs nie, maar van dwaling
en ongeloof.
Die Sadduseërs het hulle daarop beroem dat hulle, van alle
mense, die Skrifte die stipste nagevolg het. Maar Jesus het getoon dat
hulle nie die ware betekenis daarvan verstaan het nie. Daardie kennis
moet in die hart gebring word deur die verligting van die Heilige
Gees. Hy het gesê dat hulle onkunde van die Skrifte en die krag van
God, die oorsaak was van hulle geloofsverwarring, en beneweide
verstand. Hulle het getrag om die verborgenhede van God binne
die grense van hulle eie beperkte verstand te bring. Christus het ’n
beroep op hulle gedoen om hulle harte oop te stel vir daardie hei-
lige waarhede wat hulle verstand sou verruim en versterk. Duisende