Page 553 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Stryd
549
eersgenoemdes se leer aan te neem; maar juis die feit dat hulle die
priestersamp kon beklee, het invloed verleen aan hulle dwaalleer.
Die Sadduseërs het die leer van Jesus verwerp; Hy was besiel
met ’n gees wat hulle nie wou erken soos dit deur Hom geopenbaar
is nie; en Sy leer aangaande God en die lewe hiernamaals het hulle
teorieë geloënstraf. Hulle het in God geglo as die enigste Wese
wat bokant die mens gestaan het; maar hulle het aangevoer dat ’n
bestierende voorsienigheid en ’n voorkennis van die toekoms sou
belet dat die mens ’n vry sedelike wese kan wees, en sou hom
verneder tot die posisie van ’n slaaf. Hulle het geglo dat God, na Hy
die mens geskape bet, hom aan homself oorgelaat het, onafhanklik
van ’n hoër invloed. Hulle het aangevoer dat die mens vry was om
sy eie lewe, en beloop van sake in die wêreld te reël; dat sy lot in
sy eie hande is. Hulle het ontken dat die Gees van God deur mense
of natuurlike middels werk; maar daarby het hulle tog geglo dat die
mens, deur die behoorlike gebruik van sy natuurlike kragte, verhef
en verlig kon word, en dat sy lewe deur eenvoud en strenge reëls
gereinig kan word.
Hulle idees van God het ook vorm gegee aan hulle eie karakters.
Omdat Hy, soos hulle gemeen het, geen belang in die mens stel nie,
het hulle ook min agting vir mekaar gehad; daar was feitlik geen
band tussen hulle nie. Omdat hulle die invloed van die Heilige Gees
op die mens se doen en late ontken het, het hulle Sy krag in hulle
eie lewens gemis. Soos die res van die Jode was hulle baie trots op
hulle geboortereg as kinders van Abraham, en op hulle noulettende
nalewing van die wet; maar die ware gees van die wet, en die geloof
[616]
en goedheid van Abraham — dit het hulle nie gehad nie. Hulle lewe
was baie eng. Hulle het geglo dat dit moontlik was vir alle mense om
die genot en seëninge van die lewe te hê, en die lyding en behoeftes
van ander het hulle derhalwe koud gelaat. Hulle het net vir hulleself
gelewe.
Deur Sy woorde en werke het Christus getuig van ’n goddelike
krag wat bonatuurlike resultate lewer, van ’n lewe hiernamaals, van
God as Vader van die mensekinders, en dat Hy hulle belange op Sy
hart dra. In Sy goedheid en ontferming wat ’n bestraffing was van
die selfsugtige afsydigheid van die Sadduseërs, het Hy getuig van
die werking van ’n goddelike krag. Hy het geleer dat God, beide
vir die tydelike en ewige goed van die mens, in sy hart werk deur