548
DIE KONING VAN DIE EEUE
het hulle die regte beginsel gehandhaaf. En alhoewel baie ontevrede
weggegaan het, het hulle gesien dat die beginsel ten grondslag van
die saak duidelik gestel is, en hulle het hulle verwonder oor Christus
se diepgaande insig.
Nog skaars was die Fariseërs stilgemaak, of die Sadduseërs het
met hulle listige vrae gekom. Daar was ’n bittere stryd tussen hier-
die twee partye. Die Fariseërs was onverbiddelike handhawers van
tra- disie. Hulle het alle uiterlike seremonies stip nagekom, vreeslik
ywerig met die wassinge, vastye, lang gebede, en die gee van aal-
moese om gesien te word. Maar Christus het verklaar dat hulle die
wet van God kragteloos gemaak het deur leringe te leer wat die ge-
booie van mense is. As ’n klas was hulle nougeset en geveins; maar
daar was onder hulle mense wat opreg vroom was, en wat Christus se
leer aangeneem en Sy dissipels geword het. Die Sadduseërs het die
oorle weringe van die Fariseërs verwerp. Hulle het daarop aanspraak
gemaak dat hulle die grootste gedeelte van die Skrifte aangeneem
het as die maatstaf van hulle lewe; maar werklik was hulle skeptici
en materialiste.
Die Sadduseërs het die bestaan van engele, die opstanding uit die
dode, en die leer van ’n toekomstige lewe met sy loon en straf geloën.
Op al hierdie punte het hulle van die Fariseërs verskil. Tussen die
twee partye was die grootste geskilpunt die opstanding uit die dode.
Die Fariseërs was volslae gelowiges in die opstanding, maar hulle
idees oor die Staat van die mens in die hiernamaals was verward.
Die dood was vir hulle ’n onverklaarbare misterie. Die feit dat hulle
[615]
nie die argumente van die Sadduseërs kon weerlê nie, was oorsaak
van gedurige wrywing. Die besprekings tussen die twee partye het
gewoonlik uitgeloop op hewige twiste wat die kloof tussen hulle nog
groter gemaak het.
Wat getalle betref, het die Sadduseërs nie soveel aanhangers
gehad nie en hulle het ook nie so ’n sterk houvas op die gewone
mense gehad nie; maar baie van hulle was skatryk, en hulle het
die invloed gehad wat met rykdom gepaard gaan. Meeste van die
priesters was onder hulle, en uit hulle is die hoëpriester gewoonlik
gekies. Dit het egter geskied met die verstandhouding dat hulle nie
hulle skeptiese idees op die voorgrond moes stel nie. Weens die
getalsterkte en populariteit van die Fariseërs, was die Sadduseërs
gedwonge om uiterlik, terwyl hulle die priestersamp beklee het,