Stryd
547
doel geken het. Hulle was nog meer van stryk gebring toe Hy aan
hulle sê, “Wys My ’n penning.” Hulle het dit gedoen, en toe het Hy
hulle gevra, “Wie se beeid en opskrif het dit? Hulle antwoord en sê:
Die keiser syne.” Wysende na die opskrif op die geldstuk, het Jesus
gesê: “Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God
wat God toekom.”
Die spioene het verwag dat Jesus hulle vraag regstreeks sou
beantwoord, op die een of ander wyse. As Hy sou sê, Dit is nie
geoorloof om belasting aan die keiser te betaal nie, sou hulle Hom
aan die Romeinse owerheid rapporteer, en hulle sou Hom in hegtenis
neem op aanklag van aanhitsing tot opstand. Maar as Hy miskien
sê dat dit geoorloof is om belasting te betaal, sou hulle Hom by
die volk aankla dat Hy teen die wet van God is. Nou was hulle
heeltemal verbyster en verslaan. Hulle planne is in die war gestuur.
Die bondige wyse waarop hulle vraag beantwoord is, het hulle gelaat
met niks meer om te sê nie.
Christus se antwoord was nie ’n ontduiking nie, maar ’n eer-
like antwoord op die vraag. Terwyl Hy in Sy hand die Romeinse
muntstuk gehou het waarop die naam en opskrif van die keiser was,
het Hy verklaar dat aangesien hulle nou onder die beskerming van
die Romeinst mag lewe, hulle aan daardie mag die ondersteuning
moet gee wat hy verlang, solank dit nie in botsing kom met hulle
hoër pligte nie. Maar terwyl hulle vreedsaam die wette van die land
gehoorsaam, moes hulle ten alle tye hulle eerste trou aan God bewys.
[614]
Die Heiland se woorde, “Betaal . . . aan God wat God toekom,”
was ’n harde bestraffing vir die konkelende Jode. As hulle getrou
hulle verpligtings teenoor God nagekom het, sou hulle nie ’n gebroke
volk onder ’n vreemde mag geword het nie. Geen Romeinse vlag sou
oor Jerusalem gewapper het, geen Romeinse wag sou in sy poorte
gestaan en geen Romeinse goewerneur sou binne sy mure regeer
het nie. Die Joodse volk was nou besig om die straf te betaal vir sy
afvalligheid van God.
Toe die Fariseërs Christus se antwoord hoor, “was hulle ver-
wonderd en hulle het Hom verlaat en weggegaan.” Hy het hulle
huige- lary en valsheid bestraf, en daarby het Hy ’n groot beginsel
neergelê, ’n beginsel wat die mens se pligte teenoor die burgerlike
regering, en sy pligte teenoor God, duidelik bepaal. In die harte van
baie was hierdie moeilike vraag nou opgelos. Van daardie tyd af