Page 550 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Stryd
DlE priesters en owerstes het in stilte geluister na Christus se
be- straffings. Hulle kon nie Sy aanklagte weerspreek nie. Dit het
hulle net meer vasberade gemaak om Hom te betrap, en met hierdie
doel het hulle spioene na Hom toe gestuur “wat geveins het dat hulle
regverdig was, sodat hulle Hom op ’n woord kon vang, om Hom
oor te lewer aan die owerheid en aan die gesag van die goewerneur.”
Hulle het nie die ou Fariseërs gestuur wat Jesus dikwels ontmoet het
nie, maar jongmanne wat baie ywerig was, en wat hulle gemeen het
nie aan Christus bekend was nie. Hierdie manne was vergesel van
sekere Herodiane wat moes luister na Christus se woorde, sodat hulle
teen Hom kon getuig by Sy verhoor. Die Fariseërs en Herodiane was
bittere vyande, maar nou het hulle saamgestaan in hulle vyandigheid
teen Christus.
Dit was maar altyd ’n onaangename saak vir die Fariseërs dat
hulle belastings moes betaal aan die Romeine. Hulle het aangevoer
dat dit teen die wet van God was vir die Romeine om belastings te
hef. Nou het hulle ’n kans gesien om ’n strik vir Jesus te stel. Die
spioene het na Hom toe gekom, met geveinsde opregtheid, asof hulle
graag wo weet wat hulle plig was, en- hulle het gesê: “Meester, ons
[613]
weet dat U reguit praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar
die weg van God in waarheid leer — is dit ons geoorloof om aan die
keiser belasting te betaal, of nie?”
Die woorde, “Ons weet dat U reguit praat en leer,” sou, as hulle
opreg was, ’n wonderbaarlike erkenning gewees het. Maar hulle het
hierdie woorde in geveinsdheid gesê; nogtans was hulle getuienis
waar. Die Fariseërs het wel geweet dat Christus reg gepraat en geleer
het, en deur hulle eie getuienis sou hulle geoordeel word.
Diegene wat die vraag aan Jesus gestel het, het gedink dat hulle
hulle doel baie goed bedek het; maar Jesus het hulle harte gelees soos
n ope boek, en Hy het hulle listigheid gesien. “Waarom versoek julle
My?” het Hy gesê, en hulle daarmee ’n teken gegee waarvoor hulle
nie gevra het nie, naamlik deur hulle te wys dat Hy hulle bedekte
546