Tweede Reiniging van die Tempel
545
“
Maar elkeen op wie hy val, die sal hy vermorsel.” Die mense
wat Christus verwerp het, sou eerlank sien hoedat hulle stad en hulle
nasie vernietig word. Hulle heerlikheid sou verbreek en verstrooi
word soos stof voor die wind. En wat was dit wat die Jode vernietig
het? Dit was die Rots wat, as hulle daarop gebou het, hulle veiligheid
sou gewees het. Dit was die goedheid van God wat hulle verag het,
die geregtigheid wat hulle versmaai het, en die genade wat hulle
verwerp het. Die mense .het hulle teen God gestel, en alles wat tot
hulle saligheid gedien het, is gebruik vir hulle vernietiging. Alles
wat God tot hulle lewe beskik het, het hulle dood bewerkstellig.
In die Jode se kruisiging van Christus was ook die verwoesting
van Jerusalem in- gesluit. Die bloed wat op Golgota gestort is, was
die gewig wat hulle onderdruk het tot hulle ondergang vir hierdie
wêreld en vir die hiernamaals. So sal dit ook wees in die laaste
groot dag wanneer die oordeel sal kom oor die verwerpers van Gods
genade. Christus, hulle steen van aanstoot, sal dan vir hulle verskyn
as ’n wraaknemende berg. Die lig van Sy heerlikheid wat vir die
regverdiges die lewe is, sal vir die goddelose ’n verterende vuur
wees. Die sondaar sal vernietig word oor die liefde wat hy verwerp,
en die genade wat hy verag het.
Deur baie illustrasies en herhaalde waarskuwings het Jesus ge-
wys wat die gevolge sal wees van die Jode se verwerping van die
Seun van God. In hierdie woorde het Hy almal aangespreek in elke
eeu, wat geweier het om Hom aan te neem as hulle Verlosser. Elke
waarsku- wing is vir hulle. Die verontheiligde tempel, die ongehoor-
same seun, die bedrieglike landbouers, die veragtende bouliede, het
ook hulle teen- beeld in die ondervinding van elke sondaar. As hy
hom nie bekeer nie, sal die verdoemenis wat voorspel is ook hom
tref.
[612]