544
DIE KONING VAN DIE EEUE
struikeling — vir die wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die
[610]
woord ongehoorsaam is.” 1 Pet. 2:3-8.
Vir diegene wat glo, is Christus ’n vaste fondament. Dit is hulle
wat op die Rots val en verpletter word. Oorgawe aan, en geloof in
Christus word hier voorgestel. Om op die Rots te val en verbreek
te word, beteken dat ons al ons eiegeregtigheid moet opgee, en met
die nederigheid van ’n kind na Christus moet gaan, boetvaardig oor
ons sondes en gelowende in Sy vergewende liefde. En so is dit dan
ook deur geloof en gehoorsaamheid dat ons op Christus bou as ons
fondament.
Op hierdie lewende steen mag Jode sowel as heidene bou. Dit
is die enigste fondament waarop ons in veiligheid kan bou. Dit
is breed genoeg vir almal, en sterk genoeg om die gewig en laste
van die hele wêreld te dra. En deur verbinding met Christus, die
lewende steen, word almal wat op hierdie fondament bou, lewende
stene. Baie mense word deur hulle eie pogings reggekap, geslyp,
en verfraai; maar hulle kan nie “lewende stene” word nie omdat
hulle nie met Christus verbind is nie. Sonder hierdie verbinding kan
niemand gered word nie. Sonder die lewe van Christus in ons, sal
ons nie die storms van versoeking kan weerstaan nie. Ons ewige
veiligheid sal daarvan afhang of ons bou op die vaste fondament.
Menigtes bou vandag op fondamente wat nie getoets is nie. Wanneer
die reën val, die storms woed, en die vloedwaters kom, sal hulle
huis instort omdat dit nie gebou is op die ewige Rots, die hoeksteen
Christus Jesus nie.
“
Vir die wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord
ongehoorsaam is,” is Christus ’n steen van aanstoot. Maar “die steen
wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword.” Soos die
verworpe steen is Christus tydens Sy aardse sending gesmaad en
verwerp. “Hy was verag en deur die mense verlaat, ’n man van
smarte en bekend met krankheid. . . . Hy was verag en ons het
Hom nie geag nie.” Jes. 53: 3. Maar die tyd was naby wanneer
Hy verheerlik sou word. Deur Sy opstanding uit die dode, sou Hy
met krag verklaar word as “die Seun van God.” Rom. 1: 4. By Sy
tweede koms sal Hy geopenbaar word as die Here van hemel en
aarde. Diegene wat nou op die punt gestaan het om Hom te kruisig,
sal dan Sy grootheid erken. Voor die ganse heelal sal die verworpe
Steen die Hoeksteen word.
[611]