Page 547 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Tweede Reiniging van die Tempel
543
Die Here van die leërskare — Hom moet julle heilig, en laat
Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees! Dan sal Hy vir julle
n heiligdom wees; maar ’n klip waar ’n mens teen stamp en ’n rots
waar ’n mens oor struikel, vir die twee huise van Israel, ’n vangnet
en ’n strik vir die inwoners van Jerusalem. En baie onder hulle sal
struikel en val en verbreek en verstrik en gevang word.” Toe het die
profeet in ’n profetiese gesig die eerste koms gesien, en aan hom is
getoon dat Christus die beproewings en toetse sou moes deurstaan,
waarvan die behandeling van die eerste hoeksteen in die tempel van
Salomo sim- bolies was. “Daarom so sê die Here Here: Kyk: Ek
lê in Sion ’n grondsteen, ’n beproefde steen, ’n kosbare hoeksteen
wat vas gegrond- ves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.” Jes. 8:
13-15; 28: 16.
Met ewige wysheid het God die hoeksteen gekies en dit self gelê.
Hy het gesê dat dit “vas gegrondves” is. Die hele wêreld kan sy laste
en al sy droefheid daarop lê, en Hy sal dit alles dra. In die grootste
veiligheid mag hulle daarop bou. Christus is ’n “beproefde steen.”
Diegene wat op Hom vertrou, sal Hy nooit teleurstel nie. Hy het
al die toetse deurstaan. Hy het die druk van Adam se skuld gedra,
en al die skuld van sy nageslag, en Hy het daaruit gekom meer as
oorwinnaar oor al die bose magte. Hy het die laste wat op Hom
gewerp is deur elke boetvaardige sondaar, gedra. In Christus het die
skuldige hart verlossing gevind. Hy is ’n vaste hoeksteen. Almal wat
op Hom vertrou, vind rus in volkome veiligheid.
In die profesie van Jesaja word Christus beide as ’n vaste hoek-
steen en ’n rots om oor te struikel voorgestel. Die apostel Petrus wat
onder ingewing van die Heilige Gees geskryf het, toon duidelik vir
wie Christus ’n hoeksteen, en vir wie Hy ’n steen van aanstoot is:
As julle tenminste gesmaak het dat die Here goedertieren is.
Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp
is, maar by God uitverkore en kosbaar is; en laat julle ook soos
lewende stene opbou, soos ’n geestelike huis, ’n heilige priesterdom,
om gees- telike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus
Christus. Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ’n
uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit
beskaam word nie. Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die
ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het,
dit het ’n hoeksteen geword; en: ’n Steen van aanstoot en ’n rots van