542
DIE KONING VAN DIE EEUE
alleen in die verwoesting van hulle tempel en stad nie, maar in die
verstrooiing van die volk.
Die hoorders het die waarskuwing verstaan. Maar nieteenstaande
die vonnis wat hulle self uitgespreek het, was die priesters en ower-
stes gereed om die prentjie te voltooi deur te sê, “Dit is die erfge-
naam; kom laat ons hom doodmaak.” Hulle het probeer “om die
hande aan Hom te slaan, maar hulle het die volk gevrees,” want die
openbare sentiment was ten gunste van Christus.
In Sy aanhaling van die profesie oor die verworpe hoeksteen,
het Christus verwys na ’n werklike gebeurtenis in die geskiedenis
van Israel. Dit het in verband gestaan met die bou van die eerste
tempel. Terwyl dit van spesiale toepassing was tydens Christus se
eerste koms, en tereg van toepassing was op die Jode, bevat dit ook
’
n les vir ons. Toe die tempel van Salomo gebou is, is die groot
klippe vir die mure en die fondament by die steengroewe reggekap,
want by die werklike gebou moes daar geen gereedskap op hulle
gebruik word nie; die werksmense moes hulle slegs op hulle regte
plek inbou. Vir inbouing in die fondament is daar een baie groot klip
met ’n spesiale fatsoen aangebring, maar die bouers kon geen plek
daarvoor vind nie en hulle het dit verwerp. Dit was ’n ergernis vir
hulle, want dit het daar on- gebruik in hulle pad gelê. Vir ’n lang tyd
was dit die verworpe steen. Maar toe die bouers by die hoek kom,
moes hulle gaan soek na ’n klip sterk genoeg en van die regte grootte
en fatsoen om in daardie spesiale plek te pas en die groot gewig te
dra wat daarop sou rus. As hulle die verkeerde keuse sou maak vir
daardie belangrike plek, sou die veiligheid van die hele gebou in
gevaar wees. Hulle moes ’n klip vind wat die uitwerking van die son
en die ryp en die storms kon trotseer. Verskeie klippe is daar geplaas,
maar onder die groot druk is hulle vergruis. Ander, weer, kon nie
die skielike atmosferiese veranderings staan nie. Maar eindelik is
die aandag gevestig op ’n klip wat so lank verworpe gelê het. Dit
het daar in die wind en weer gelê en het nie die geringste barsie
getoon nie. Die bouers het toe die klip ondersoek. Dit het al die
toetse deurstaan behalwe een; as dit die toets van die groot drukking
kon deurstaan, sou hulle dit neem as die hoeksteen. Die toets is
uitgevoer. Die klip is aangeneem, na sy aangewese plek gebring, en
dit het presies gepas. Aan die profeet Jesaja is dit geopenbaar dat
hierdie klip ’n simbool van Christus was. Hy sê:
[609]