Page 545 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Tweede Reiniging van die Tempel
541
lige voorregte. Maar soos die landbouers die slawe doodgemaak het
wat die huisheer gestuur het vie die vrugte. So het Jode die profete
doodgemaal wat God na hulle gestuur het om hulle tot bekering te
roep. Die een na die ander boodskapper is doodgemaak. Tot dusver
kon die toepassing van die gelykenis nie in twyfel getrek word nie,
en die toepassing van die res was net so voor die hand liggend. In
die geliefde seun wat die heer van die wingerd uiteindelik na die
ongehoorsame landbouers gestuur het, en wat hulle gegryp en dood-
gemaak het, het die priesters en ower- stes ’n duidelike prent van
Jesus en die lot wat Hom gewag het, gesien.Reeds was hulle besig
met planne om Hom dood te maak wat die Vader na hulle gestuur het
in ’n laaste poging. Die vergelding van die on- , dankbare landbouers
was ’n voorstelling van die straf op diegene wat Christus om die
lewe sou bring.
Die Heiland het hulle in jammerte betrag, en voortgegaan, “Het
julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp
,-(
het, dit het ’n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom
en is | wonderlik in ons oë? Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk
van God sal van julle weggeneem word en aan ’n volk gegee word
wat die vrugte daarvan sal dra. En hy wat op hierdie steen val, sal
verpletter , word; maar elkeen op wie hy val, die sal hy vermorsel.’
Hierdie profesie het die Jode dikwels in die sinagoges gelees, en op
die komende Messias toegepas. Christus was die hoeksteen van die j
Joodse bedeling, en ook van die hele verlossingsplan. Dit was hierdie
Hoeksteen wat die Joodse boumeesters, die priesters en owerstes van
Israel, nou besig was om te verwerp. Die Heiland het hulle aandag
gevestig op die profesieë wat hulle gevaar aan hulle sou toon.Deur
elke middel in Sy mag het Hy geprobeer om aan hulle die daad te
verduidelik wat hulle op die punt gestaan het om te doen.
En Sy woorde het ook ’n ander doel beoog. Met Sy vraag: “Wan-
neer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie
landbouers maak?” het Christus bedoel dat die Fariseërs sou ant-
woord soos hulle wel gedoen het. Dit was Sy doel dat hulle hulleself
moes veroordeel. Sy waarskuwings, wat hulle nie kon beweeg om
hulle te bekeer nie, sou hulle lot beslis, en Hy wou hê dat hulle
moes sien dat hulle hulle eie ondergang bewerk het. Hy wou hulle
die regver- digheid van God laat sien in die onttrekking van hulle
nasionale voor- regte, wat reeds begin het, en wat sou eindig, nie
[608]