540
DIE KONING VAN DIE EEUE
deur hulle geloof en werke getoon dat hulle die koninkryk van die
hemel binnegegaan het voor daardie eie- geregtige manne aan wie
groot lig gegee is, maar wie se werke nie ooreengestem het met hulle
belydenis van godsaligheid nie.
Die priesters en owerstes was nie gewillig om hierdie harde
waar- hede aan te neem nie; hulle het stilgebly, hopende dat Jesus
iets sou sê wat hulle teen Hom sou kon gebruik; maar hulle sou nog
meer hoor.
“
Luister na ’n ander gelykenis,” het Christus gesê: “Daar was
’
n sekere huisheer wat ’n wingerd geplant het; en hy het ’n heining
daarom gesit en ’n parskuip daarin gegrawe en ’n wagtoring gebou,
en het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan. En toe die
vrugte- tyd naderkom, stuur hy sy slawe na die landbouers om sy
vrugte te ontvang. Maar die landbouers het sy slawe geneem en een
geslaan en ’n ander een doodgemaak en ’n ander een gestenig. Weer
het hy ander slawe gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met dié
net so gemaak. Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle
sal my seun ont- sien. Maar toe die landbouers die seun sien, het
hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom
doodmaak en sy erfdeel in besit neem. En hulle het hom geneem
en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak. Wanneer die
eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers
maak?”
Jesus het al die mense daar teenwoordig toegespreek; maar die
priesters en owerstes het geantwoord: “Die siegte mense — hy sal
hulle ’n siegte dood laat sterwe,” het hulle gesê, “en die wingerd
verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd
sal gee.” Die sprekers het eers nie die toepassing van die gelykenis
verstaan nie, maar nou het hulle besef dat hulle hulle eie oordeel
uitgespreek het. In die gelykenis het die huisheer God voorgestel, die
wingerd die Joodse volk, en die heining was die goddelike wet wat
hulle besker- ming was. Die toring was ’n simbool van die tempel.
Die eienaar van die wingerd het alles gedoen wat nodig was vir die
voorspoed daarvan. “Wat is daar meer te doen aan My wingerd,” vra
Hy, “wat Ek daar nie aan gedoen het nie?” Jes. 5:4. So word Gods
onvermoeide sorg vir Israel voorgestel. Soos die landbouers aan die
huisheer ’n deel van die vrugte van die wingerd moes teruggee, so
moes Gods volk Hom vereer deur ’n lewe ooreenkomstig hulle hei-
[607]