Tweede Reiniging van die Tempel
539
“
Wat dink julle?” het Hy gevra: “’n Man het twee kinders gehad,
en hy gaan na die eerste en sê: Kind, gaan werk vandag in my
wingerd. En hy antwoord en sê: Ek wil nie; maar later het hy spyt
gekry en gegaan. Toe het hy na die tweede gegaan en vir hom net so
gesê; en hy antwoord en sê: Ja, heer. En hy het nie gegaan nie. Wie
van die twee het die wil van die vader gedoen?”
Hierdie plotselinge vraag het Sy toehoorders onverwags gevang.
Hulle het stip geluister na die gelykenis, en dadelik geantwoord,
”
Die eerste.” Jesus het toe Sy oë stip op hulle gevestig en ernstig
gesê: “Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en hoere gaan julle
voor in die koninkryk van God. Want Johannes het na julle gekom
in die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar
die tollenaars en hoere het hom geglo. En julle het dit gesien en tog
nie later berou gekry om hom te glo nie.”
Die priesters en owerstes kon nie anders as om die regte ant-
woord te gee op Christus se vraag nie, en so het Hy hulle mening
gekry in die guns van die eerste kind. Hierdie kind het die tollenaars
voorgestel
hulle wat gehaat en verag was deur die Fariseërs. Die tollenaars
was baie onsedelik. Hulle was inderwaarheid oortreders van Gods
wet, en in hulle lewe was daar ’n absolute stryd teen Sy vereistes.
Hulle was ondankbaar en onheilig; toe aan hulle gesê is om in
Gods wingerd te gaan werk, het hulle veragtend geweier. Maar toe
Johannes gekom en die bekering en die doop gepreek het, het die
tollenaars sy boodskap aangeneem en is gedoop.
Die tweede kind het die leiers van die Joodse volk voorgestel.
Sommige van die Fariseërs het hulle bekeer en is deur Johannes
gedoop; maar die leiers wou nie aanneem dat hy van God gekom het
nie. Sy waarskuwings en bestraffings het hulle nie tot hervorming
beweeg nie. Hulle “het die raad van God aangaande hulle verwerp
deur hulle nie deur hom te laat doop nie.” Lukas 7: 30. Hulle het
Sy boodskap met veragting bejeën. Soos daardie tweede kind wat
gesê het, toe Hy geroep is, “Ja, heer,” maar nie gegaan het nie,
het die priesters en owerstes ook voorgegee dat hulle gehoorsaam,
maar hulle was onge- hoorsaam. Hulle het groot aanspraak gemaak
op vroomheid; hulle het gesê dat hulle Gods wet gehoorsaam het,
[606]
maar dit was ’n valse gehoor- saamheid. Die tollenaars is deur die
Fariseërs veroordeel en vervloek as ongelowiges; maar hulle het