Page 542 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

538
DIE KONING VAN DIE EEUE
gewaag om verdere vrae aan Christus te stel nie. Deur hulle lafhar-
tigheid en besluiteloosheid het hulle in ’n groot mate die agting van
die volk verbeur, wat as toeskouers gestaan en kyk het, geamuseer
om te sien hoe hierdie trotse, eiegeregtige manne verslaan is.
Al hierdie woorde en werke van Christus was belangrik, en hulle
invloed sou steeds meer en meer gevoel word ná Sy kruisiging en
hemelvaart. Baie van die wat met angs die resultaat afgewag het
van die ondervraging van Jesus, het eindelik Sy dissipels geword,
omdat hulle hulle vir die eerste keer op daardie gebeurtenisvolle
dag tot Hom en Sy woorde aangetrokke gevoel het. Daardie toneel
in die voorhof van die tempel sou nooit uit hulle geheues uitgewis
word nie. Die teen- stelling tussen Jesus en die hoëpriester waar
hulle daar saam woorde gewissel het, was opvallend. Die trotse
hoogwaardigheidsbekleër van die tempel het ’n ryk, kostelike kleed
aangehad. Op sy hoof was ’n glinsterende tiara. Sy houding was
trots; sy hare en sy lang baard was al wit weens sy bejaardheid.
Sy voorkomste het die agting van die toeskouers afgedwing. Voor
hierdie hoë persoonlikheid het die Majesteit van die hemel gestaan,
sonder versierings of vertoon. Sy kleed was bestof deur Sy reise; Sy
gelaat was bleek, met ’n uitdrukking van geduldige droefheid; maar
daarop het geskryf gestaan ’n waardigheid en goedheid wat vreemd
afgesteek het by die trotse, selfvoldane, verontwaardigde houding
van die hoëpriester. Baie van diegene wat getuie was van die woorde
en werke van Jesus in die tempel, het Hom van daardie dag af in hulle
harte gehuldig as ’n profeet van God. Maar namate die openbare
gevoel in Sy guns begin loop het, het die haat van die priesters
teenoor Jesus vermeerder. Die wysheid waarmee Hy ontkom het aan
die strikke wat vir Hom gestel is, en wat ook bykomstige bewys was
van Sy Godheid, was soos vet in die vuur van hulle woede.
In Sy stryd met die rabbi’s was dit nie Christus se doel om Sy
teenstanders te verneder nie. Hy was nooit bly as hulle in verleent-
heid was nie. Hy wou ’n belangrike les leer. Hy het die oorwinning
oor Sy vyande behaal deur toe te laat dat hulle verstrik raak in die
strikke wat hulle vir Hom gestel het. Die feit dat hulle onkunde
bely het aangaande die aard van Johannes se doop, het Hom die
geleentheid gegee om te spreek, en Hy het gebruik gemaak van die
[605]
geleentheid deur hulle ware toestand aan hulle te openbaar, en om
nog ’n waarskuwing te voeg by die baie wat Hy alreeds gegee het.