Page 541 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Tweede Reiniging van die Tempel
537
Sy Messiasskap gevra. Sedert daardie tyd het Hy magtige wonder-
werke deur die land gedoen. Hy het die siekes genees, duisende
mense op wonderbaarlike wyse gevoed, op die water geloop, en
die see beveel om stil te wees. Herhaaldelik het Hy die harte van
mense soos ’n ope boek gelees; Hy het duiwels uitgewerp, en die
dode opgewek. Die owerstes het nou voor hulle die bewys van Sy
Messiasskap gehad. Hulle het nou besluit om Hom om geen teken
van Sy gesag te vra nie, maar om uit Hom die een of ander verklaring
of erkenning te kry waardeur hulle Hom kon veroordeel.
Hulle het gegaan na die tempel waar Hy besig was om te leer,
en Hom begin ondervra: “Vertel ons deur watter gesag U hierdie
dinge doen, of wie is dit wat U hierdie gesag gegee het?” Hulle het
verwag dat Hy sou sê dat Sy gesag van God was. Hulle was van
plan om so ’n aanspraak te bestry. Maar Jesus het hulle geantwoord
met ’n wedervraag oor ’n skynbaar ander onderwerp; as hulle Sy
vraag sou antwoord, sou Hy hulle vraag beantwoord. “Die doop van
Johannes,” het Hy gevra, “was dit uit die hemel of uit mense?”
Die priesters het nou besef dat hulle in ’n dilemma was waaruit
geen slim redenasies hulle kon verlos nie. As hulle sou antwoord
dat Johannes se doop uit die hemel was, sou hulle inkonsekwente
handel- wyse aan die kaak gestel word, want Christus sou dan sê:
Waarom het julle hom nie geglo nie? Johannes het van Christus
getuig, “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld
wegneem.” Joh. 1: 29. As die priesters Johannes se getuienis geglo
het, hoe kon hulle dan die Messiasskap van Christus loën? As hulle
sou sê dat hulle geglo het dat Johannes se werk uit die mense was,
sou hulle ’n storm van verontwaardiging op hulleself losgelaat het;
want die mense het geglo dat hy ’n profeet was.
Met die grootste belangstelling het die mense die antwoord afge-
wag. Hulle het geweet dat die priesters voorgegee het om die werk
van Johannes aan te neem, en hulle het verwag dat hulle ronduit sou
erken dat hy van God gestuur was. Maar nadat hulle heimelik oor
die saak gesels het, het die priesters besluit om hulle nie oor die saak
uit te laat nie. Huigelagtig het hulle gesê dat hulle nie geweet het
nie. “Dan sê Ek vir julle ook nie,” het Christus gesê, “deur watter
gesag Ek hierdie dinge doen nie.”
[604]
Skrifgeleerdes, priesters, en owerstes is almal die swye opgelê.
Verbyster en teleurgestel, het hulle hulle hoofde laat sak en dit nie