Page 540 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

536
DIE KONING VAN DIE EEUE
herstel word, en dat die kreupeles huppel van blydskap. Die kinders
was vooraan onder die juigendes. Jesus het hulle siektes genees;
Hy het hulle in Sy arms opgeneem, hulle kusse van dankbare liefde
ontvang, en sommige van hulle het teen Sy boesem aan die slaap
geraak onder- wyl Hy die mense geleer het. Met blye stemme het
die kinders Hom geloof. Hulle het die hosannas van die vorige
dag herhaal, en hulle het palmtakke triomfantlik voor die Heiland
geswaai. Die tempel het weergalm van hulle uitroepe, “Geseënd is
Hy wat kom in die Naam van die Here!” “Kyk, jou Koning kom
na jou; regverdig en ’n oor- winnaar is Hy!” Ps. 118: 26; Sag. 9: 9.
Hosanna vir die Seun van Dawid!”
Die geluid van hierdie gelukkige stemme was ’n aanstoot vir
die owerstes van die tempel. Hulle het toe begin om hierdie de-
monstrasies te belet. Hulle het aan die mense gesê dat die huis van
God veront- heilig word deur die geloop van die kinders en hulle
vreugdekrete. Toe hulle sien dat hulle woorde geen indruk op die
mense maak nie, het hulle hulle tot Christus gewend en gesê: “Hoor
U wat hulle daar sê? En Jesus antwoord hulle: Ja, het julle nooit
gelees: Uit die mond van klein kinders en suigelinge het U vir U lof
berei nie?” Die pro- fesie het voorspel dat Christus as koning uitge-
roep sou word, en daardie woord moes vervul word. Die priesters
en owerstes van Israel het geweier om Sy heerlikheid te verkondig,
en God het die kindertjies beweeg om Sy getuies te wees. As die
kinders stilgebly het, sou die tempelpilare die lof van die Heiland
aangehef het.
Die Fariseërs was heeltemal verbyster en van stryk gebring.
Iemand wat hulle nie kon bangmaak nie, was in bevel. Jesus het Sy
plek inge- neem as beskermer van die tempel. Nog nooit tevore het
Hy sulke koninklike gesag aangeneem nie. Nog nooit voorheen het
Sy woorde en werke sulke groot krag gehad nie. Hy het wonderwerke
in Jerusalem gedoen, maar nog nooit tevore op so ’n wyse en so
ernstig en indrukwekkend nie. In die teenwoordigheid van die mense
wat Sy wonderwerke gesien het, kon die priesters en owerstes dit
nie waag om openlik vyandig teen Hom op te tree nie. Alhoewel
hulle woedend was en in verwarring gebring is deur Sy antwoord,
kon hulle niks verder daardie dag uitrig nie.
[603]
Die volgende oggend het die Sanhedrin weer beraadslaag hoe om
teen Jesus op te tree. Drie jaar tevore het hulle Hom om ’n teken van