Page 539 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Tweede Reiniging van die Tempel
535
ver terug- gestaan as wat die skare toegelaat het. Met die uitsonde-
ring van n paar van Sy dissipels wat by-Hom was, het die Heiland
alleen gestaan. Alles het stil geword. Die vreeslike stilte was byna
ondraaglik. Christus het gespreek met ’n krag wat die mense geskud
het soos n magtige stormwind: “Daar is geskrywe: My huis moet
n huis van gebed genoem word.” Maar julle het dit n rowerspelonk
gemaak. Sy stem het soos ’n trompet weerklink deur die tempel. Die
uitdrukking van misnoeë op Sy gelaat was soos ’n verterende vuur.
Met gesag het Hy beveel, “Neem daardie dinge hier weg.” Joh. 2:
16.
Drie jaar tevore het die owerstes van die tempel hulle geskaam
vir hulle vlug voor die bevelwoord van Jesus. Sedert daardie tyd
het hulle gewonder oor hulle vrees, en oor hulle gedweë gehoor-
saamheid aan ’n enkele nederige Man. Hulle het gemeen dat dit
onmoontlik was dat hulle weer so gebied kon word — iets wat glad
nie met hulle waardigheid gestryk het nie. En nogtans was hulle
nou nog meer vrees- bevange as voorheen, en baie haastiger om
Sy bevel te gehoorsaam. Daar was niemand wat dit durf waag om
Sy gesag in twyfel te trek nie. Priesters en handelaars het van Sy
teenwoordigheid gevlug, en die vee voor hulle uit gejaag.
Op weg van die tempel het hulle n skare teëgekom wat hulle
siekes gebring en gevra het waar hulle die Groot Geneesheer kon
vind. Die berig van die vlugtendes het sommige van hierdie mense
laat teruggaan. Hulle was bang om Iemand so magtig te ontmoet,
Iemand wie se blik die priesters en owerstes van Sy teenwoordigheid
laat wegvlug het. Maar ’n hele aantal het deur die haastige skare
gedring, gretig om by Hom wat hulle enigste hoop was, te kom. Toe
die skare van die tempel gevlug het, het baie agtergebly. Die pasaan-
gekomendes het nou by hulle aangesluit. Weer is die tempelvoorhof
gevul met siekes en sterwendes, en het Jesus hulle genees.
Na ’n tyd het die priesters en owerstes dit gewaag om na die
tempel terug te keer. Nadat hulle paniek bedaar het, was hulle baie
gretig om te weet wat Jesus se volgende stap sou wees. Hulle het
verwag dat Hy die troon van Dawid sou bestyg. Toe hulle die tempel
nader, het hulle die stemme van manne, vroue, en kinders gehoor
wat God geloof het. Toe hulle ingaan, het hulle verbaas blystaan
oor die wonderbare toneel voor hulle. Hulle het gesien dat siekes
genees word, die blindes hulle gesig ontvang, die gehoor van dowes
[602]