534
DIE KONING VAN DIE EEUE
die volk in ’n groot mate vernietig. Jesus was baie verontwaardig;
Hy het geweet dat Sy bloed wat eerlank gestort sou word vir die
sondes van die wêreld, net so min deur die priesters en ouderlinge
gewaardeer sou word as die bloed van die diere wat hulle gedurig
laat vloei het.
Christus het deur die profete teen hierdie praktyk gespreek. Sa-
muel het gevra: “Het die Here behae in brandoffers en slagofïers
soos in gehoorsaamheid aan die stem van die Here? Kyk, om ge-
hoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet
van ramme.” En Jesaja, waar hy met profetiese insig die afvalligheid
van die Jode gesien het, het hy hulle toegespreek as die regeerders
van Sodom en Gomorra: “Hoor die woord van die Here, owerstes
van Sodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra!
Wat het Ek aan die menigte van julle slagofïers? sê die Here. Ek
is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte
kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of
bokke nie. As julle kom om voor My aangesig te verskyn, wie het
dit van julle hand geëis
om My voorhowe te vertrap?” “Was julle, reinig julle, neem die
boosheid van julle handelinge voor My oë weg, hou op om kwaad
te doen, leer om goed te doen, soek die reg, help die verdrukte reg,
doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.” 1 Sam.
15: 22;
Jes. 1: 10-12, 16, 17.
[600]
Hy wat self hierdie profesieë ingegee het, het nou vir die laaste
maal die waarskuwing herhaal. In vervulling van profesie het die
mense Jesus as koning van Israel uitgeroep. Hy het hulle hulde
aangeneem, en die koningskap aanvaar. In daardie hoedanigheid
moes Hy nou optree. Hy het geweet dat Sy pogings om ’n verdorwe
pries- terskap te hervorm, tevergeefs sou wees, maar Hy moes niete-
min Sy werk doen; aan ’n ongelowige volk moes die bewys van Sy
goddelike sending gegee word.
Weer het Jesus Sy deurdringende blik gewerp oor die veronthei-
ligde voorhof van die tempel. Alle oë is op Hom gevestig. Priester
en owerste, Fariseër en heiden, het met verbasing en vrees Hom
aan- skou wat daar voor hulle gestaan het in die majesteit van die
hemel se Koning. Godheid het deur die mensheid geflits, en Christus
met ’n waardigheid en heerlikheid beklee wat Hy nooit voorheen
geopenbaar het nie. Diegene wat naaste aan Hom gestaan het, het so
[601]