Page 537 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Tweede Reiniging van die Tempel
A AN die begin van Sy bediening het Christus diegene uit die
tempel verjaag wat dit verontheilig het deur hulle onheilige handel;
en Sy strenge en goddelike houding het die sluwe handelaars die
skrik op die lyf gejaag. Aan die einde van Sy bediening het Hy weer
na die tempel gekom, en gevind dat hulle dit nog verontheilig het
soos voorheen. Die toestand van sake was selfs erger as voorheen.
Die buitenste voorhof van die tempel was soos ’n groot beeskraal.
Die gebulk van die beeste en die geklink van munt was vermeng met
die bitsige gestry van die verkopers, en daarby is die stemme gehoor
van manne in die heilige bediening. Die waardigheidsbekleërs van
die tempel was self besig met koop en verkoop en die uitwisseling
van geld. So volkome was hulle beheers deur hebsug dat hulle in die
oë van God niks beter was as diewe nie.
Die priesters en owerstes het maar min besef gehad van die
heiligheid van die werk wat hulle moes doen. Tydens elke Paasfees
en Huttefees, is daar duisende diere geslag, en hulle bloed is deur
die priesters opgevang en op die altaar uitgegooi. Vir die Jode het
die offer van bloed ’n doodgewone handeling geword, en hulle het
[599]
die feit byna uit die oog verloor dat dit die sonde was wat al die
vergieting van die bloed van diere nodig gemaak het. Hulle het nie
besef dat dit ’n sinnebeeld van die bloed van Gods geliefde Seun
was, wat gestort sou word vir die lewe van die wêreld, en dat die
aandag van die mense, deur die offerandes, gevestig moes word op
die gekruisigde Verlosser nie.
Jesus het die onskuldige slagoffers aanskou, en gesien hoe die
Jode hierdie groot byeenkomste die tonele van bloedvergieting en
wreedheid gemaak het. In die plek van ootmoedige berou oor die
sonde, het hulle die offers van diere vermenigvuldig, asof God geëer
kon word deur daardie gevoellose diens. Die priesters en owerstes
het hulle harte verhard deur selfsug en gierigheid. Selfs daardie
simbole wat gewys het op die Lam van God, het hulle die middels
tot wins gemaak. So is die heiligheid van die offrstelsel in die oë van
533