Page 536 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

532
DIE KONING VAN DIE EEUE
van hulle sondes, en hulle het Hom verwerp. En so ook vandag stem
die waarheid van Gods Woord nie ooreen met die handelwyse van
mense en hulle natuurlike neigings nie, en duisende verwerp die lig
daarvan. Mense, aangepor deur die Satan, betwyfel Gods Woord en
verkies hulle eie onafhanklike oordeel. Hulle verkies die duisternis
liewer as die lig, maar hulle doen dit met lewensgevaar vir hulle
eie siele. Diegene wat fout gesoek het met Christus se woorde, het
[597]
steeds meer rede gesoek vir vitterigheid totdat hulle uiteindelik hulle
rug gekeer het op die Waarheid en die Lewe. So gaan dit vandag ook.
God is nie voornemens om elke beswaar uit die weg te ruim wat die
vleeslike hart teen Sy waarheid mag inbring nie. Vir diegene wat die
kosbare lig- strale weier wat die duisternis vir hulle sou verlig het,
bly die verbor- genhede van Gods Woord vir altyd onopgelos. Die
waarheid is vir hulle bedek. Hulle wandel soos blindes, onbewus
van die ondergang wat hulle wag.
Vanaf die top van die Olyfberg het Christus die wêreld van alle
eeue gesien; en Sy woorde is toepaslik op elke siel wat die pleitstem
van goddelike genade veronagsaam. Veragter van Sy liefde, Hy
spreek tot jou vandag. Dit is jy, “ja ook in hierdie dag van jou,” wat
die dinge moet weet wat tot jou vrede dien. Christus stort bitter träne
oor jou
jy wat geen trane het om oor jouself te stort nie. Daardie dodelike
hardheid van hart wat die ondergang van die Fariseërs was, is ook in
jou. En elke bewys van Gods genade, elke straal van goddelike lig,
is òf besig om jou hart te smelt en te versag, òf om dit in hopelose
onboetvaardigheid te bevestig.
Christus het voorsien dat Jerusalem verhard en onboetvaardig
sou bly; maar al die skuld, en al die gevolge van genade wat verwerp
is, daarvoor was hy self verantwoordelik. So sal dit ook wees met
elke siel wat dieselfde weg bewandel. Die Here het gesê: “Dit is jou
verderf, o Israel, dat jy teen My, jou helper, is.” “Hoor, aarde! Kyk,
Ek bring onheil oor hierdie volk, die vrug van hulle planne; want
na My woorde het hulle nie geluister nie, en My wet, die het hulle
verwerp.” Hosea 13: 9; Jer. 6: 19.
[598]