Page 535 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

n Gedoemde Volk
531
hulle die seëninge en die waarskuwings wat hulle ontvang, verwerp
het. Die kettings wat die volk vir eeue gesmee het, het die mense
van Christus se tyd aan hulle eie hande geslaan.
In elke eeu word daar aan mense hulle tydperk van verligting
en voorregte gegee, ’n proeftyd waarin hulle met God versoen kan
raak. Maar daar kom ’n einde aan daardie tyd van genade. Genade
mag vir jare aangebied en tog verwerp word; maar daar kom ’n tyd
[596]
wanneer genade vir die laaste maal pleit. Die hart word so verhard
dat dit nie langer gehoorgee aan die Gees van God nie. Daarna pleit
daardie soete en minsame stem nie langer meer met die sondaar nie,
en die vermanings en waarskuwings hou op.
Daardie dag het vir Jerusalem aangebreek. Jesus het in droefheid
geween oor die gedoemde stad, maar Hy kon haar nie red nie. Hy
het alles gedoen wat Hy kon. Deur die waarskuwings van Gods Gees
te verwerp, het Israel sy enigste redmiddel verwerp. Daar was geen
ander mag waardeur hulle verlos kon word nie.
Die Joodse volk was ’n simbool van die mense van alle eeue wat
die pleitstem van Ewige Liefde verag. Die trane van Christus, toe Hy
oor Jerusalem geween het, was vir die sondes van alle eeue. In die
oordele wat oor Israel uitgespreek is, mag ook diegene wat die waar-
skuwing van Gods Heilige Gees verwerp, hulle eie veroordeling
lees.
In hierdie geslag is daar baie wat dieselfde grond betree as die
on- gelowige Jode. Hulle het die openbarings van Gods krag gesien;
die Heilige Gees het tot hulle harte gespreek; maar hulle volhard in
hulle ongeloof en weerstand. God stuur aan hulle waarskuwings en
bestraffings, maar hulle is onwillig om hulle foute te erken, en hulle
verwerp Sy boodskap en Sy boodskapper. Die juiste middel wat Hy
gebruik vir hulle bekering, word vir hulle ’n steen des aanstoots.
Afvallige Israel het die profete van God gehaat omdat hulle ver-
borge sondes deur die profete geopenbaar is. Agab het Elia beskou
as sy vyand omdat die profeet getrou was om die koning se geheime
sondes te bestraf. So ook vandag het die dienaar van Christus, die
bestraffer van die sonde, te kampe met veragting en beledigings.
By- belse waarheid, die godsdiens van Christus, moet stry teen ’n
sterk stroom van sedelike onreinheid. Vooroordeel is vandag selfs
sterker in die harte van mense as in die tyd van Christus. Christus het
nie die verwagtings van mense vervul nie; Sy lewe was ’n bestraffing