530
DIE KONING VAN DIE EEUE
te behaag. Hulle handel alleen om die eie-ek te dien. Die tyd het vir
hulle waarde alleen wanneer hulle voordele vir hulleself kan insamel.
In al hulle handelinge van die lewe is dit hulle hoofdoel. Hulle werk
nie vir ander nie, maar vir hulleself. God het hulle ge- skape om
te lewe in ’n wêreld waar onbaatsugtige diens gedoen moet word.
Hy het vir hulle beoog dat hulle hulle medemens op alle ma- niere
moet help. Maar die eie-ek het so groot geword dat hulle niks anders
[595]
meer kan sien nie. - Hulle is nie meer in voeling met die mensdom
nie. Diegene wat so vir hulleself lewe, is soos daardie vyeboom
wat groot aanspraak gemaak het, maar geen vrugte gedra het nie.
Hulle kom die vorm van die godsdiens na, maar is sonder bekering
of geloof. Hulle gee voor om die wet van God te eerbiedig, maar
hulle gehoorsaam dit nie. Hulle se, maar hulle doen nie. Die oordeel
wat oor die vyeboom uitgespreek is, demonstreer hoe haatlik hulle
geveinsdheid in Christus se oë is. Hy verklaar dat die volslae sondaar
minder skuldig is as diegene wat bely dat hulle God dien en tog geen
vrugte tot Sy heerlikheid voortbring nie.
Die gelykenis van die vyeboom, gespreek vóór Christus se be-
soek aan Jerusalem, staan in regstreekse verband met die les wat Hy
geleer het in die vervloeking van die vrugtelose boom. Vir die vrug-
telose boom van die gelykenis het die tuinier gepleit: Laat hom nog
hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het. As hy
dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom ander jaar uitkap.
Meer sorg sou bestee word aan die vrugtelose boom. Alles moontlik
moes daarvoor gedoen word. Maar as dit dan nog geen vrugte dra
nie, sou niks dit kon red van vernietiging nie. In die gelykenis word
nie vertel wat die uitwerking van die tuinier se verdere sorg was nie.
Dit het afgehang van die mense tot wie Christus se woorde gespreek
is. Hulle is voorgestel deur die vrugtelose boom, en dit het by hulle
berus om hulle eie lot te beslis. Elke seën wat die hemel kon gee,
is aan hulle gegee, maar hulle het daardie seëninge nie tot voordeel
gebruik nie. Deur Sy vervloeking van die byeboom het Christus die
resultaat getoon. Hulle het hulle eie ondergang bewerk.
Vir meer as ’n duisend jaar het die Jode Gods genade misbruik
en Sy oordele uitgelok. Hulle het Sy waarskuwings verwerp en Sy
profete doodgemaak. Vir daardie sondes het die mense van Christus
se tyd hulle ook verantwoordelik gemaak omdat hulle dieselfde weg
ingeslaan het. Die skuld van daardie geslag was daarin geleë dat